The Open Bible Christian Mission - Toronto Mirakel
 

My Brothers Keeper
Sincere Devotions
Jehovah's Witnesses
Mormonism
Jesus Or Mary?
The New Creation
15 Rosary Promises
After Death Experiences
All Sin The Same?
Christian A Sinner?
No God Religion
Jehovah's Witnesses Exposed
Take Up Your Cross
Fear Or Joy
Follow Jesus?
La Trinidad
Respondiendo
Spiritual Death
Safeguards For You
Revolutia Morale
Catholic Blasphemy
Conversion
Liberalism & Antiism
Dying Words
Petrus De Eerste Paus?
Papal Infallibility
JW's & 144,000
The Devil Is Real!
Invisible Empire
Catholic Churrch True Church?
Homosexuality & Bible
Abortion In Bible
Toronto Mirakel
Please, Donate!
German Message
Dutch Message
Spiritual Focusing
Sermon in Portugese
Sermoni Italiano
To Jehovah's Witnesses
Bijbel in School
What Is Islam?
Vatican Holocaust
Anatomy of AIDS
Bible Answers
Prayer Alerts

NEERVAL IN DIE GEES WAT IS DIE "TORONTO VERSKYNSEL" Indeks A WAT IS DIE "TORONTO VERSKYNSEL" B. DIE TOETS AAN DIE HAND VAN DIE SKRIF C. DIE BESTANDDELE VAN DIE TORONTO RESEP D. HERLEWING, 'N NUWE DING VAN GOD OF MISLEIDING? E. WAARSKUWINGS !! F. Mag 'n Christen dienste besoek waar die 'Toronto verskynsel' plaasvind? G. BEGINSELS vir samewerking en EENHEID. I. Ten slotte A WAT IS DIE "TORONTO VERSKYNSEL" 1. Die naam en terminologie. Die verskynsel is hoegenaamd nie 'n nuwe verskynsel nie. Dit is 'n baie ou verskynsel wat net deur die jare gereeld 'n naamsverandering ondergaan het. Met elke naamsverandering is dit telkens as 'n 'new wave', 'n nuwe beweging van die Heilige Gees of as herlewing beskryf. 'n Aantal jare gelede was dit die 'Slain in the Spirit'. Sedert 1994 is dit as die Toronto Blessing bekend. Die 'Slain in the Spirit' was deur die jare reeds deur 'n hele reeks naamsveranderings. Ander name was o.a. die volgende: Resting in the Spirit, (F. MacNutt en ander Roomse Katolieke charismatici); Falling under the power, The Blessing, Being overcome by the Spirit, Being in the Spirit, Under the power, (K. Hagin, K. Kuhlman, Hunters en andere), Being made prostrate by the Holy Spirit (Martin). 2. Die Geskiedenis van die Toronto verskynsel David Forbes vertel dat 'n baie radikale pinkstergroep, The Latter Rain Movement, in die laat 1940's geprofeteer het van 'n tweede pinkster wat oppad was en dat dit in Kanada sou gebeur. In die 1970's was daar weer soortgelyke profesieë Die sogenaamde 'Herlewing' is net 'n herlewing van die Latter Rain Movement en die gepaardgaande okkultiese verskynsels. In die nuusbrief, MAINSTREAM (summer 1994), skryf T. Tillin: "Demon spirits have gotten into the church through a very subtle strategy....... Back in the seventies, we used to hear about the coming revival." In Amerika en in die RSA was daar gereeld oproepe om voor te berei vir die komende herlewing. Die grond vir dit wat gebeur sedert 1994, was voorberei deur die profesieë van 'n herlewing wat sou kom. Die veronderstelling dat die lag in die Gees die herlewing is waarna die profesieë verwys het, het dit makliker vir naïewe kinders van die Here gemaak om die verskynsel te aanvaar. Die Bybel voorspel nie 'n groot herlewing aan die einde, voor die wederkoms nie, maar 'n groot afval. Daar gaan valse profete wees, wonderwerke en tekens deur valse leraars (vgl.1 Tim.4 & 2 Tim 3). Dit is nie 'n nuwe verskynsel nie, maar in 'n sekere sin kan ons sê dit is nuut. "Dit is so nuut dat die Bybel nie eers daarvan weet nie" (Dr W. Marais). Voordat die lagherlewing in Januarie 1994 in die Airport Vineyard kerk in Toronto in Kanada begin het, was daar 'n lang geskiedenis wat die verskynsel voorafgegaan het - net onder ander name bekend. Vir drie dekades is die vreemde vuur van die 'Slain in the Spirit' versprei deur bekendes in die genesingsbediening; aanvanklik deur mense soos Kathryn Kuhlman, Kenneth Hagin, William Branham en later deur ander soos Gordon Lindsay, Jim Spillman, Francis MacNutt, Kenneth Copeland, Jerry Savelle, Ezra Coppin, John Arnot, Terry Virgo, Benny Hinn, en andere. In die RSA het dit die afgelope jare bekend geword onder die bediening van Ray MaCauley, Tim Salmon, Fred Roberts, Reinhardt Bonke, Nicky van der Westhuizen, Theo Wolmarans, Dan Bosman, Gerald Kennedy, Ed Roebert, George Dillman, Rodney Howard-Brown, Neville Norden, en andere. Vir baie was die "Toronto" aangebied as 'n totaal nuwe herlewing. Nie baie het dit as die ou 'Slain in the Spirit', net met 'n nuwe baadjie aan, herken nie. Pateties was die duisende wat soos skape Toronto en ander plekke gaan besoek het om die herlewing daar te gaan haal en na hul kerke terug te neem. Volgens berigte was daar teen die einde van 1994 meer as 40,000 mense van oor die wêreld wat die Kerk in Toronto besoek het om die Herlewing te gaan haal en na hul tuisgemeentes terug te neem. Voor 1994 was die verskynsel hoofsaaklik gekenmerk deur die neerslaan. Alhoewel die lag, huil, dronkwees en rondrol, ens. ook voorgekom het, was dit nie so prominent nie. Sedert 1994 was die lag die prominente verskynsel. Die nuwe ding was gekenmerk deur 'n neerval op die grond, rondrol, onvermoë om te beweeg, histeriese gelag, die maak van dieregeluide, kraam in die gees, en dronk wees in die gees en 'faith diving'. Mense het uit die diens gekom so dronk dat hulle gehelp moes word om te loop en nie self die motor kon bestuur nie. In die dienste het mense op hul stoele gespring en soos honde die been opgetel, geblaf en mekaar gelek, soos hane gekraai, soos lammers geblêr en soos leeus gebrul. Hier en daar word daar hard gegil: Je-e-e-sus ! 'n Pastoor van 'n Durbanse gemeente het tydens 'n naweekkamp so onbeheerbaar aan die lag gegaan dat hy nie die naweek by sy stiltetyd, Bybelstudie en gebed kon uitkom nie. Ooggetuies by die kamp vertel self: "The band played and suddenly the young girl on guitar began to dip and twitch and jerk as she strummed. The other members started doing likewise. The congregation went off into laughter, cackles, hysteria, shrieks whilst twitching, jerking, contorting, convulsing, writhing, walking like crabs, reeling, resting, swooning, spinning, flopping, falling. Both our friends stated with discreet embarrassments that one man looked as if he was experiencing an orgasm." "A little way into the meeting, another leader of the Westville Church stood up and, crooking his finger at his wife, coaxed and beckoned her to come forward. In a deliberate voice he coaxed her, motioning with his finger for her to 'Come along Mrs. T.' (Her surname does not begin with a T.) 'You know why I am calling you. Come along, come along, come on.' He then explained to the congregation that she was called Mrs. T as she is known as Mrs. Trance ! She walked up like a zombie, a robot, with arms hanging limply at her sides and in a staring trance-like state she glided to the rostrum and just stood there. She then walked about the hall with a glazed look in her eyes, blowing into people's faces and moving the air towards them with a swish of her hand and wrist !" "At the end of the meeting, some young people who, along with the adults, were still consumed with laughter, stood with trays stacked with empty glasses offering a 'regmaker' for the road." Die beweging in Toronto floreer steeds. Die volgende 'Mecca' of 'Hotspot' was die Brownsville Assembly of God Kerk in Pensacola, Florida in die VSA. Die nuutste 'golf' van 'herlewing' waar mense ook neerval, gebeur tans in Lagos, Nigerië onder profeet T.B.Joshua. Baie min herken dit as dieselfde verskynsel. Elke keer word dit 'Herlewing' genoem. Sal die mens nooit leer nie? Selfs sekulêre tydskrifte soos TIME het in die verlede artikels oor die verskynsel gepubliseer. Dit is veral JOY magazine wat die verskynsel baie sterk voorstaan en bevorder. Sommige tydskrifte soos PROPHECY TODAY het die verskynsel sterk bevraagteken. Jack Dunigan vra in sy artikel: "Has the church largely become a superstore for a whole range of spiritual JUNK-FOODS ?" Deur die jare is hierdie geestelike JUNK-FOODS sonder vrae vanuit Amerika ingevoer. Daar was die 'name it and claim it' en "prosperity gospel", - skewe leerstellings oor innerlike genesing, die selfbeeld teologie, blits-kerkgroei-kursusse, Lag in die gees, Dans in die gees, Neerval in die gees, en baie ander vreemde en on-Bybelse leerstellings. Alles wat nuut en opwindend klink, is vir soetkoek opgeëet. Soos kinders wat opwinding soek en agter elke nuwe ding aanhardloop, het die dissipels die "guru's" van die JUNK-GOSPEL gevolg. Sommige soos dr. James van Zyl, vroeër self deel van die radikale Charismatici, se oë het oopgegaan. Hy het sederdien talle treffende boekies die lig laat sien om mense te waarsku teen die vreemde vuur. Ander volhard in hul on-Bybelse leerstellings. 3. Verdeeldheid oor die verskynsel Die Charismatiese Beweging het nie eenstemmigheid oor die verskynsel nie. Dit het reeds groot verdeeldheid in die liggaam van Christus veroorsaak. Kerke het uitmekaar geskeur. In sommige kleiner plekke is kerke selfs gesluit. Die Wêreldbekende pinksterpersoonlikhede soos David du Plessis en David Wilkerson is maar sommige van diegene wat hulle teen die verskynsel uitgespreek het. Ander het vrae oor die verskynsel, maar as gevolg van druk van mede-charismate en uit vrees vir die sonde teen die Heilige Gees, swyg hulle. Daar is 'n sterk oortuiging: "As dit kerke vinnig laat groei en as daar bekende predikers by betrokke is, dan moet dit reg wees." Die verdeeldheid, die twee kampe, is binne die liggaam van Christus. Daar is 'n hewige stryd aan die gang. Die een hou vas aan die ervaring en "experientalism" en die ander aan "Sola Scriptura", die Skrif alleen. Die stryd is ook nie tussen Charismaties en nie-Charismaties nie want die verskynsel is nie meer net beperk tot charismatiese kerke nie. Selfs in tradisionele kerke waaronder die Ned. Geref. Kerk, Metodiste Kerk, en talle ander buite Protestantse kringe soos die Rooms-Katolieke Kerk, is daar gemeentes waar dit toegelaat word. Inteendeel, die verskynsel het baie bygedra tot 'n groter eenheid tussen fundamentalistiese protestantse kerke en die Rooms-Katolieke Kerk - 'n ontstellende ontwikkeling! Die verskynsel kan miskien tuisgebring word by die radikale pentakostalisme. By hierdie groepe word pastore en evangeliste wat die vermoë het om mense te laat neerval en te laat lag, op 'n hoër geestelike vlak gestel as die ander wat dit nie het nie. Vir talle het hierdie verskynsel roem en bekendheid gebring. Hulle is die verskaffers en 'groothandelaars van herlewing' omdat hulle vir optredes genooi word. Dit is een van die 'hysbakke' wat onbekende predikers uitgelig het uit die verveling van die alledaagse, en bekend gemaak het. Vir baie van hierdie moderne en verveelde Christene is die KRUIS-EVANGELIE nie meer voldoende nie. Daar het 'n paradigma skuif gekom - van die eenvoudige kruis-evangelie na 'n ander evangelie. Hulle is altyd op soek na iets nuut wat die mense se gehoor kan prikkel (2 Tim 4:3). In tradisionele Gereformeerde kringe kom dit na vore deur die teoloë met uitdagende stellings wat die gesag en historisiteit van die Woord van God bevraagteken. In Charismatiese kringe is die aanslag deur ervarings wat geen grond in die Woord van God het nie. Afrikaanse begrippe is minder bekend waaronder: Rus in die Gees, Val in die Gees, Oorweldiging, Neerval in die Gees. Die mees algemeen bekende benaming vir beide Afrikaans- en Engelsprekendes was die Engelse term: 'Slain in the Spirit'. Dit is die term wat meeste gebruik was. Baie beoefenaars van 'Slain in the Spirit' het egter besware teen die besondere benaming gehad. Die term was naamlik te nou gekoppel aan geweldadigheid aangesien die woord 'slain' eintlik beteken om dood te maak. Die nuutste benaminge is oa: Die 'Toronto Blessing', Lag in die Gees, 'The laughing revival'. Rodney Howard-Browne, 'n voormalige evangelis van die Rhema Kerk in die RSA., is die selferkende "Holy Ghost bartender" en aangewese 'vader' van die Rhema Kerk en van die latere lag-verskynsel. Baie weet nie van die negatiewe assosiasies met die naam Toronto nie en noem daarom die verskynsel net HERLEWING. 4. Wat gebeur tydens so ‘n "val in die Gees" diens ? Tydens die jare van die 'Slain in the Spirit', het die voorstaanders van die verskynsel onderskei tussen wat ons kan noem die ordelike en wanordelike neerval. By die 'ordelike' vorm word individue aangeraak met gebed. Sodra die persoon agteroorval, sal 'n 'usher', die persoon vang wat omval. 'n Kombers of handdoek word dan oor die persoon se onderlyf gegooi. Benny Hinn versoek die mense by voorbaat om te gaan lê omdat hulle buitendien gaan val. Beoefenaars van die 'wanordelike' vorm sal 'n afgebakende deel van die gehoor laat val. Die gehoor het geen keuse nie. Hulle word eenvoudig in kennis gestel dat 'n sekere deel van die aanwesiges wat deur die prediker aangedui word, sal neerval. Met die uitspreek van sekere 'Buzz words' ( bv. "Fire!!" by Benny Hinn), sal mense agteroor neerslaan. 'n Chaotiese situasie ontstaan. Mense lê oor mekaar, stoele word omgestamp en rondgeskuif. Vrouens se klere skuif op as gevolg van die omval. Enkeles beland selfs met snywonde in die hospitaal. Na ondersoek oor die jare is bevind dat baie wat geval het, 'n sekere graad van 'afwesigheid' ervaar het. Ons kan hulle indeel in vier groepe: (i) Dié wat feitlik onmiddellik weer tot verhaal kom en opstaan. Hulle het geen begeerte gehad om te val nie maar kon net nie bly staan nie. (ii) Dié wat val en vir 5 - 10 minute bly lê; hulle is semi-bewusteloos. Hulle is bewus van mense en stemme rondom hulle. 'n Heerlikheid, 'n vrede en blydskap, 'n buite-die-liggaam-ervaring wat hulle as die teenwoordigheid van God verstaan, word ervaar. (iii) Mense bly bewusteloos vir tot 6 uur of langer. Hulle is van niks bewus nie. Vir baie is die tydsduur van groot belang omdat God sy werk in die tyd doen, dit wil sê fisies en innerlik genesing bewerkstellig. Benny Hinn noem dit: "God’s operation table". (iv) Daar is diegene wat voel dat hulle omgestoot word en ter wille van die groep maar omval. 5. Watter betekenis het die "val in die Gees" vir diegene wat dit beoefen en verkondig? (i) Dit is vir hulle 'n teken van die besondere intensiteit van God se werking en teenwoordigheid. "'n Persoon word oorweldig deur God se teenwoordigheid en heerlikheid". Kathryn Kuhlman verduidelik dit so: "All I can believe is that our spiritual beings are not wired for Gods full power and when we plug in to that power we just cannot survive it". 'n Predikant het opgemerk dat ons eintlik in die teenwoordigheid van God behoort te sterf. Ons kan dankbaar wees dat ons net omval. (ii) Hulle glo dit is 'n 'doping met die Heilige Gees'. Francis MacNutt en Don Double is voorstanders van onder andere die siening dat die doping met die Heilige Gees plaasvind tydens die gebeure. (iii) Vir beginners is dit 'n inisiasie tot heiligmaking. Vir sommige kan die 'Slain in the Spirit' 'n teken wees van geestelike onvolwassenheid of dis 'n nodige ervaring om iemand geestelik aan die gang te kry... "An experience of going down under the power may give just the push that is needed to start an individual - like a car with a dead battery - moving towards growth in the spirit" (M. Kelsey). (iv) Dit word beskou as 'n 'gawe' vir die genesingsbediening. Die Roomse katoliek, Francis MacNutt, self betrokke met 'n genesingsbediening, stel dit so: "I see it as a wonderful aid to the healing ministry". 'n Ander Roomse Katoliek bevestig dat: "I have seen every kind of healing take place while people were resting in the spirit ..." (v) Hulle glo dit is die Kenmerkende werkswyse van die Heilige Gees veral in die laaste dae. Die profesie van Joel 2:28, word algemeen toegepas op die voorkoms van die 'Slain in the Spirit' (Ezra Coppin). Dis die rede waarom dit nie voorheen so algemeen bekend was nie, dis die Heilige Gees se spesifieke werkswyse tydens die laaste dae. (vi) Dit is vir hulle soos 'n geestelike begrafnis van die ou mens en 'n opstaan van die nuwe mens. Dit is veral die Roomse katoliek, Kelsey, wat hierdie siening van die doop oordra ook op die 'Slain in the Spirit'. (vii) Daar word gesê dit is 'n demonstrasie van God se krag sodat mense kan glo. Ezra Coppin sê: "I have seen many people so 'slain' who were not Christians, and the experience had the fabulously glorious result of 'making believers' out of them! They rose to a new life." Andere deel ook in hierdie siening. Don Leonard, die bekende vermaaklikheidskunstenaar en tans medewerker van die Rhema Bybelkerk, getuig self: "En Ray het vir my gebid. En ek het neergeslaan en die Gees het in my gekom. Toe weet ek net: Ek is gered. Jesus is in my, ek is nuut ..." (Rapport 14.2.1982). (viii) Dit kan glo ook gebeur wanneer 'n bepaalde opdrag of taak vir iemand bestem is. Tydens die 'swooning' kan Jesus aan so 'n persoon verskyn, met hom praat en aan hom 'n bepaalde opdrag gee, byvoorbeeld om vir iemand wat die Here wil genees, te gaan bid (Ezra Coppin). 6 Daar is egter ook negatiewe gevolge Ons is baie bewus van 'n oormag positiewe getuienisse van wonderlike ervarings, genesings en gevoelens tydens die vreemde ervaring. In my en talle ander spreekkamers is die skokkende feite van demoniese manifestasies van die Toronto gees en baie negatiewe gevolge in baie se lewens. Hierdie negatiewe gevolge, het in baie gevalle eers maande en selfs jare daarna soos masels uitgeslaan. Aanvanklik was daar die heerlike, wonderlike en hemelse ervaring. Die duiwel weet dat as die negatiewe ervaring baie later kom, niemand dit in verband met die Toronto ervaring sal bring nie. Ons het talle se getuienisse. Ek gee dit in hooftrekke weer:- i). Uit verskeie oorde Sommige met wie dit gebeur het, het later 'n groot verskeidenheid probleme ervaar. Sommige het aan depressie begin ly, ander het hulle gebedsvermoë en ywer verloor, ander weer ervaar geloofstwyfel, huweliksprobleme, seksprobleme en selfmoordgedagtes. Kinders wat die ervaring gehad het, het skielik leerprobleme opgedoen. ii). 'n Vrou uit die Transvaal skryf: "My mond het oopgehang, ek kon nie glo wat ek sien nie. Dit het eerder gelyk of die klomp mense deur bose geeste beset was, eerder as die Heilige Gees. 'n Vrou wat ek ken, was ook saam met haar man in die diens. Sy het ook aan die lag geraak. Sy het geen beheer oor haarself gehad nie. Sy het 'n paar maande daarna vir my kom vertel dat sy en haar man van daardie dag af probleme in hul huwelik ondervind." iii). ‘n Jongman se vertelling 'n Jongman vertel dat hy telkens na die ervaring, wanneer hy in die erediens van sy eie gemeente teenwoordig was, 'n gebed dwangmatig by hom opgekom het om teen sy predikant te bid terwyl hy preek. As hy daarteen stry, kry hy tydelik oorwinning. Dit sal egter telkens weer na hom terugkom. As die predikant die duiwel se werking bind in sy aanvangsgebed, dan is hy nie lastig geval nie. Iemand het vir hom later gebid vir bevryding. Onder die gebed het hy 'n ligte speldeprikkeling deur sy liggaam ervaar. Daarna was hy nie weer daardeur gepla nie. iv). Die beoefenaars self Selfs beoefenaars van die 'lag in die Gees' erken dat daar soms negatiewe ervarings plaasvind. Kelsey vertel: "Sometimes they speak of being scared and cold, even feeling 'goose bumps' as a hand touches them, while many others feel warmth flowing through them. Either way they generally describe a scene of holy power or energy flowing in, which makes them relax and fall, bringing peace and joy.' Soms word mense oorval deur vrese. 'There were some people who found it terrifying and had mostly bad reaction to it. There were those who had come back again and again for the same experience with no apparent change than a momentary high.' v). Erlo Stegen van Kwasizabantu Erlo Stegen van Kwasizabantu wat teen die verskynsel gekant is, vertel dat 'n hele paar getroude mans en vroue na Kwasizabantu gekom vir hulp omdat hulle almal een of ander vorm van seksuele afwyking of impotensie vertoon het nadat daar vir hulle tydens so 'n diens "gebid" is. vi). 'n Vrou wat baie persoonlikheidsprobleme 'n Vrou wat baie persoonlikheidsprobleme gehad het en iemand wat self deel was van 'n kerk waar die verskynsel voorkom, vertel van twee van haar ervarings: "In die een geval; dit was 'n vrou; sy het my ook uit die gehoor geroep, sy het soos gewoonlik vertel van my smart en hartseer en my toe belowe dat die Heer dit baie duidelik aan haar tuisbring dat ek van nou af die 'groen weivelde' gaan bewandel en weer sal leer om te lag. Sy het begin bid met haar hand op my hoof en die Heer gevra om weer die lag in my lewe terug te bring. Soos gewoonlik het ek weer geval en ek het onbedaarlik aan die lag gegaan. Almal het om my saamgedrom, hulle was in ekstase en het God geprys (in tale en andersins) omdat die lag teruggekeer het in my lewe. En ek? Hoe kan ek my gevoelens beskryf terwyl ek daar gelê het. Vir my het my gelag waansinnig geklink en ek het 'n groot gek gevoel. Terwyl my hart huil, lê ek magteloos en lag sonder beheer oor myself, dis 'n verbysterende ervaring. Nou nog voel ek geklik as ek net daaraan dink. Nogtans wou ek haar so graag glo, want na daardie 'groen weivelde' en gelykpad het ek gesmag." "'n Ander geleentheid, (hieroor voel ek byna net so verleë - dit was en is nog steeds 'n groot verleentheid vir my): Dit was weer 'n oorsese prediker wat lesings kom gee het. Omstandighede was weer so dat ek myself nie daaruit kon draai nie. Gedurende een van die lesings het 'n vrou skielik in tale uitgebars, gelyk gehuil en gelag, hande opgehef. Ek het gefassineerd na die uitdrukking op haar gesig gekyk en gekyk, dit was vertrek van emosie. Sy het aangehou en aangehou en met vrees in my het ek die gevoel gekry dat dit aan besetenheid grens. So iets het ek nog nie ondervind nie en ek het gedink ek is al aan alles gewoond, maar selfs haar oë het wild vertoon. Die ander toehoorders het egter almal begin met lofprysinge, in tale of in hulle moedertaal en God geprys vir Sy Gees wat so kragtig deur hierdie vrou werk." vii). 'n Bekende in die vernuwingsbeweging 'n Dosent aan 'n universiteit, 'n bekende in die vernuwingsbeweging vertel van sy ervaring. Nadat die voorbidder 'n eenvoudige gebed gedoen het, sak hy inmekaar. "Vir ongeveer een uur kon ek myself nie beweeg nie. Selfs as 'n vlieg op jou hand sit, kan jy hom nie probeer wegjaag nie." Sy vrou het 'n soortgelyke ervaring telkemale ervaar. Toe Lonny Frisbee die RSA 'n aantal jare gelede besoek het, het die mense eienaardig begin ruk as daar vir hulle gebid word. Daar was net 'n onwillekeurige sametrekking van spiere. Mense kon hulleself net nie beheer nie, groot mans begin onbedaarlik ruk. Sy eie vrou het so begin ruk dat hy haar moes vashou. Maande nadat Frisbee reeds terug is, het sommige mense se arms nog so geruk as hulle dit oplig. viii). Nog ‘n Jongman 'n Jongman vertel my dat hy so 'n 'herlewingsdiens' bygewoon het. Hulle het vir hom gebid en hy het neergeslaan. Tydens sy Toronto ervaring het hy 'n wonderlike gevoel ervaar en hy het ook in 'n taal begin praat. 'n Tyd daarna het hy begin bekommerd raak. Elke keer as hy in die taal gepraat het, het hy sterk seksuele drange en 'n ereksie ervaar. Hy het na my gekom vir gebed. Toe die 'gees' aangespreek is, het hy op die grond neergeval en soos 'n slang begin seil terwyl hy in die sg. taal gepraat het. Hy het na die bevryding geen taal meer gehad nie. ix). ‘n Aktiewe lidmaat aan ‘n groot kerk 'n Baie aktiewe lidmaat, 'n vrou wat ook aan 'n groot kerk in Pretoria behoort waar die 'herlewing' is, het vir gebed gekom. Haar dokters het haar gediagnoseer as iemand wat aan Parkinsonisme ly. Sy het voor my gesit en ruk. Sy was 'n baie aktiewe christen en het my vertel hoe die Gees met tye oor haar kom en dan het sy in die swart gebiede gaan sendingwerk doen. Op 'n vraag hoe dit is wanneer die Gees op haar kom, het sy skielik tekens getoon en vir my gesê, "Hier is dit nou." Sy het skielik begin 'kraam in die gees'. Sy het verduidelik dat sy pynlose kontraksies ervaar soos iemand wat geboorte gee. Vir haar is gesê dat dit die Heilige Gees is. Na 'n lang verduideliking oor wat die Bybel sê van die werking van die Heilige Gees, was sy eindelik bereid om dit af te sweer. Sy het die spreekkamer verlaat sonder die Parkinsonisme. x). ‘n Pastoor wat daarby betrokke was 'n Pastoor wat by die verskynsel betrokke was, onderneem om die verskynsel te toets nadat ek hom gewaarsku het. Op sy eie het hy in sy studeerkamer gaan bid. Ek het aan hom verduidelik hoe hy kon toets of hy dalk self 'gebind' is. Hy het later aan my vertel hoedat hy dit aan die Here bely het en gebid het dat as dit nie van Hom was nie, hy dit in Jesus se naam bestraf en afsweer. Hierop het hy begin benoud en warm word en 'n sensasie soos speldeprikkels oor sy hele liggaam ervaar. Hy het egter aangehou en die Toronto gees aanhou bestraf totdat hy verligting en vryheid ervaar het. 'n Tyd daarna het hy weer vir my kom kuier en sy ervaring met my gedeel. xi). ‘n Ander pastoor 'n Ander pastoor het vertel dat 'n persoon neergeslaan het en soos 'n wiel op die grond begin draai het - sonder om aan die grond te raak. xii). Getuienis van Ds D Pypers. Ds Dawie Pypers, 'n bekende kenner van die okkulte vertel ook van sy ervaring: "Sommige persone met wie ons te doen gehad het in hierdie verband, kan byvoorbeeld na hierdie ervaring nie meer vryelik bid of selfs die Bybel lees nie. Sommige het 'n dowwe gevoel in die kop gekry wanneer hulle in gemeenskap met die Here kom - dieselfde gevoel wat hulle ervaar het toe hulle neergeval en vir 'n tydjie bewusteloos op die grond gelê het. Nadat ons met hierdie persone die saak deurgepraat het en gebid het, was hulle vraag dan ook: 'Waarom het God dit toegelaat? Kon God nie verhinder het dat hulle onder die misleiding kom nie?' Die teleurstelling lei dikwels tot totale afvalligheid van God. xiii). 'n Vrou van Centurion 'n Vrou van Centurion vertel dat hul gemeente ongeveer veertig lidmate sterk was. 'n Besoekende prediker het die lag in die gees in hul gemeente ingebring. Talle van hulle het die ervaring gehad. Daarna het iets eienaardig in die gemeente gebeur. Verdeeldheid en onenigheid het die gemeente totaal vernietig. Sy vertel dat van die ongeveer 40 lidmate sy vandag net van EEN weet wat die Here nog dien. Al die ander het of totaal hul rug op God gekeer of besoek net geen Kerk meer nie. Hoe moet hierdie fisiese manifestasies verstaan word? Is dit die Heilige Gees of 'n bose gees, moontlik 'n godsdienstige gees wat homself as 'n engel van die lig voordoen? Dr H Lederlee is van mening dat dit slegs moontlik 'n 'menslike reaksie is op die teenwoordigheid van God'. Vir my lyk dit of J. Penn-Lewis eerder korrek is as hy dit 'n namaakselmanifestasie van die teenwoordigheid van God noem: 'This is a dangerous form of obsession in the present day ... by counterfeiting some exterior manifestation of God, such as a "presence" filling the room and felt by the physical senses, waves "of power" pouring upon, and through the physical being; or a feeling of wind, air, or a breathing upon the outer man, apparently from Divine sources. In brief, all exterior manifestations to the believer, coming from without upon the body, have the characteristics of "obsession", because they may come from deceiving spirits seeking access to mind and body.' 7. Die vermoë om mense te laat val deur die 'Slain in the Spirit' is oordraagbaar. Pastore van die Hatfield Baptiste Kerk wat die ervaring 'Slain in the Spirit' gehad het by Jim Spillman se dienste, kon daarna weer ander laat deel in die ondervinding - net deur 'n aanraking. Jim Spillman, Kenneth Hagin, Kennith Copeland, Ezra Coppin, Benny Hinn, Francis MacNutt en tientalle Roomse priesters het die vermoë by een van Kathryn Kuhlman se dienste ontvang - sommige slegs deur teenwoordig te wees of deur 'n aanraking. Kenneth Hagin noem hierdie vermoë wat Jesus hom glo sou gegee het: 'The gift of impartation'. Dieselfde kan van talle okkulte vermoëns gesê word. Telekinese (Uri Geller), hipnose, waterwys, waarsêery, en andere is sommige van die 'gawes' wat oordraagbaar is. Deur net so 'n geleentheid uit nuuskierigheid by te woon, net deur teenwoordig te wees, kan die okkultiese mag op 'n persoon oorgaan. "Christ breathed on the apostles the evening of His resurrection and said, "Receive ye the Holy Ghost" but they didn’t "fall out." The baptism of the Holy Ghost is not something that can be passed on by breathing on or laying hands on someone. Jesus is still the Baptizer in the Holy Spirit. He has not given that honored position to mankind and certainly not to any one man." (Larry Thomas’ newsletter) In die lig van dit wat die Woord sê en ook die getuienisse van medechristene so pas geteken, is dit ontstellend dat Kerkleiers (bv. die AGS, Rhema, Hatfield, ens.) sprekers van oorsee kry om gemeentes en pastore hierdie demoniese ervaring te laat deel. Dink ook aan die talle geestelike leiers wat T.B.Joshua se demone in Lagos gaan haal het om op dieselfde manier hier vir mense te kom bid. Die ‘dood’ word op lidmate en sulke Kerke oorgedra. Terug na Indeks * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * B. DIE TOETS AAN DIE HAND VAN DIE SKRIF 1. Die volgende skrifgedeeltes word ter verdediging van die neerval gebruik. OU TESTAMENT Gen. 17:3; Num. 16:4, 24:4; Lev. 9:24; Rigt. 13:20; 1 Kon. 18:39; 1 Kron. 21:16; Eseg. 1:28, 2:1-2, 3:23, 43:4; Dan. 8:17, 10:9. NUWE TESTAMENT Matt. 2:11, 17:6, 28:1-4; Mark. 5:33; Luk. 5:8, 8:47, 17:16; Hand. 9:4 (of 26:14); 16:29; 1 Kor. 14:25; 2 Kor. 12:2-4; Openb. 1:17, 4:10, 5:8 en 19:4. 2. Wat sê hierdie teksverse werklik? In bogenoemde teksverse sien ons dat die persoon nie neergeslaan is deur die Gees van God soos die meeste wil voorgee nie. Daar word nooit in die Bybel gesê dat die Heilige Gees mense laat val het nie. Mense het wel geval uit bewustelike doelbewuste handeling, as gevolg van vrees en wanneer demone manifesteer. Hierop kan ons as volg uitbrei: o1 Eerbiedsbetoning en groet – Dit was ‘n tradisionele wyse van groet en eerbiedsbetoning van die slaaf in onderwerping aan sy heer, van ‘n landsburger voor sy koning en natuurlik dié van 'n sondaar in teenwoordigheid van sy God, bv. Luk. 5:8 'Toe Simon Petrus dit sien, val hy op sy knieë neer en sê, "Gaan weg van my af, Here, want ek is 'n sondige mens." o2 Verootmoediging - Dit was 'n teken van verootmoediging, eerbied en van vrees in die teenwoordigheid van 'n Heilige God. Vergelyk Paulus se bekering in Hand. 9:4, Johannes op Patmos (Openb. 1:17, 4:10, 5:8 en 19:4). o3 Eerbieds- of gebedshouding - Om op jou knieë of aangesig te val, was die natuurlike en normale antieke uitdrukking om te sê dat die liggaam tot 'n eerbieds- of gebedshouding oorgegaan het. Van 'n beswyming is daar nie sprake nie (Vgl. Matt. 2:11, die besoek van die sterrekykers en 1 Kor. 14:25 ens.). o4 Bose geeste - 'n Gees wat mense wel laat val, is nie die Gees van God nie, maar 'n bose gees. Hiervan is daar voorbeelde in die Skrif, bv. Mark. 3:11: 'As mense wat van bose geeste besete was, hom sien, het hulle voor Hom neergeslaan en geskreeu: "U is die Seun van God!"' (Ook vgl. Luk. 4:35). In Luk. 8:28 val die besetene van Gerasa, op sy knieë neer en erken Jesus Christus as God. In Mark. 9:14-29 word ook vertel van 'n gees wat 'n seun op die grond laat neerslaan het. o5 Slegs enkelinge - Met betrekking tot diegene wat neergeval het in die Bybel, moet ons op die volgende wys: Dit het meestal gebeur met enkelinge byvoorbeeld: Abraham, Moses, Josua, Esegiël, Petrus, Johannes en andere. In verband met die gedeeltes wat deur die voorstanders van die 'Slain in the Spirit' gebruik word om hierdie ervaring te verdedig, noem ons slegs die volgende gedeeltes waar twee of meer persone neergeval het: Lev. 9:24, Manoag en sy vrou (Rigt. 13:20); 1 Kron. 21:16; Matt. 2:11, 17:6, 29;1-4; Hand. 26:14. Dan het dit ook nie gebeur soos tydens die 'Slain in the Spirit' dienste nie. Persone het bewustelik vooroor of op die knieë geval, die duidelike bewys dat hulle nie in 'n beswyming geval het nie en ook nie agteroor nie. In teenstelling met die feit dat die voorstanders van die Toronto verskynsel die gedeeltes gebruik om hul saak te bewys, is die teendeel eerder waar. Al hierdie gedeeltes praat juis van 'n vooroor val (of op die knieë of op die aangesig). Selfs die vorentoe val kry min skriftuurlike goedkeuring of aanmoediging, omdat in talle van die gevalle, God, 'n engel of Jesus self vir hulle s꠯m op te staan, (bv. Eseg. 2:1, 43:3; Dan. 18:17, 10:9; Matt. 17:6-7). Die Gees van God word dus eerder verbind aan die handeling van opstaan - nie van val nie. Wat die Gees van God wel doen is nie om mense neer te slaan nie, maar om hulle op te rig. As mense geval het om een of ander van die bogenoemde redes, dan word daar wel soms gesê dat dit die Gees van God is wat hom oprig, bv. Eseg. 3:23. Drie keer word in Eseg. 3 gesê dat die Gees van God vir Esegiël opgetel het nadat hy in die heilige teenwoordigheid van God gekom het. Vers. 23-24: "Die magtige verskyning van die Here het daar gestaan net soos ek Hom aan die Kebarrivier gesien het. Ek het platgeval, maar die Gees het in my gekom en my regop laat staan." Die verskynsel dat ongeredde mense, mense wat nog in sonde lewe, sekere ervarings met die Heilige Gees het, is totaal vreemd aan die Skrif. Die Bybelse heilsorde is dat eers met wedergeboorte, die Heilige Gees ontvang word (Doop met die Heilige Gees). Daarna kom die opdrag om voortdurend vervul te word (vervulling met die Heilige Gees, Efes. 5:18). Dat mense by herhaling so 'n ondervinding kan beleef, word nie in die Skrif gestaaf nie. Sommige praat selfs van 'n 'recharge', 'n gereëlde vorentoe gaan om die ervaring te deel. Behalwe in gevalle waar mense demoniese probleme gehad het en neergeval het in die bevrydingsproses, bestaan daar geen verband in die Bybel tussen die doping of vervulling met die Heilige Gees of Genesing, en die neerslaan in die Gees nie. Die ondersteuners van die neerval het dus 'n dubbele probleem: Eerstens om 'n soortgelyke verskynsel in die Skrif te kry en tweedens om hierdie Skrifvreemde verskynsel gekoppel aan die genesing en die doping of vervulling met die Heilige Gees uit die Skrif te bewys. Terug na Indeks * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * C. DIE BESTANDDELE VAN DIE TORONTO RESEP Om ‘n sekere gif te vervaardig, het jy sekere bestanddele nodig. Wie die Toronto verskynsel analiseer, vind verskeie bestanddele of wortels. Hier volg tien geïdentifiseerde bestanddele van die GIF wat miljoene Christene geestelik siek gemaak het: 1. Moontlike Oosterse wortels? Verskeie persone in die RSA wat 'n bevrydingsbediening het, is geraadpleeg en vertel van 'n stroom van wedergebore Christene wat na 'n persoonlike ondervinding van die 'Lag in die Gees', of net deur hul teenwoordigheid in so 'n diens waar dit plaasgevind het, geestelike of fisiese probleme na 'n tyd ondervind het. Daar is vir baie sulke mense gebid en dan was daar 'n manifestasie van die bose ('a trance'). Die demoon reageer deur selfs sy naam te noem nl Shakti (Altern. Sattie of Sakti). Dit is die naam van die Hindoe godin van vrugbaarheid en sy is terselfdertyd ook moeder aarde en word deur die son (sunon) gevoed om lewe te gee. Die manifestasie van hierdie gees in die persoon is gewoonlik dat hy neerslaan op die grond. "The most feared and revered deity in Hinduism is the goddess Kali (Duruga), the wife of Shiva the destroyer. She is also known as Shakti, which means force and represents the impersonal force that occultism teaches runs the Universe. The divine power-touch of the guru is called Shakti-pat. This is a term used for the touch (or near touch) of a guru’s hand to the worshipper’s forehead that produces supernatural effects." "Shakti literally means power (so they believe) underlying the universe. The supernatural effect of Shakti through the guru’s touch may knock the worshipper to the floor or he may see a bright light and receive an experience of enlightenment or inner illumination, or have some other mystical or psychic experience." (Larry Thomsons’ newsletter) Soms het 'n ander Hindoe gees, Rama Krishna, gemanifesteer. In die spesifieke geval het die gees ingekom toe 'n dame vir haar gebid het vir die doping met die Heilige Gees. Dit toon weereens die gevaar om summier enigeen toe te laat om hande op jou te lê vir gebed. Veral moet gewaak word teen diegene wat dit sommer ongevraag doen. Bogenoemde ervarings het regdeur die RSA plaasgevind. Wat opvallend is, is dat dit telkens 'n Hindoe gees was wat gemanifesteer het. Dit is die ervaring van mense soos Rev R. Pike, di. D Pypers, T. Prinsloo, Piet Smith wat onder die Indiërs werk, Mev M van der Walt, en andere. Van die pioniers van die 'Slain in the Spirit' kon dus moontlik kontak met die Oosterse godsdienste gehad het. Hierdie kontak kon selfs voor hul bekering plaasgevind het deur Oosterse leesstof, reise deur die Ooste en kontak met tempels en heiliges, of betrokkenheid met Oosterse gesondheids- en meditasiepraktyke soos TM (Transendentale Meditasie) en Joga. Christene trek mos in hul onkunde hul skoene uit om in te kan gaan in hierdie Moskees en Tempels sonder dat hulle besef dat hulle deure vir demone oopmaak en eer aan 'n ander God gee deur die daad. Die persoon het moontlik na sy bekering nie totaal gebreek met sy verlede nie en op ‘n stadium weer teruggedraai op sy pad soos die Israeliete aanhoudend wou terugdraai na Egipte. Die invloed van die Oosterse godsdienste op die Christendom word totaal onderskat. In 'n boek van Richard Foster: 'Celebration of Discipline' word die Christen onder andere byvoorbeeld ingelig oor meditasie tegnieke. Christene word aanbeveel om die lotus posisie in te neem en ander tegnieke van die Hindoeïsme te gebruik - sonder 'n besef van die gevaar! So subtiel word Hindoeïsme ingedra, ek glo sonder dat selfs die bogenoemde skrywer dit agtergekom het. Dan praat ons nie eers van ander invloedsterreine uit die Ooste soos by Karate, Refleksologie, Akupunktuur, Aromaterapie, ens. nie. Die reuk van Hindoeïsme is ook te vinde in versoeke van voorgangers by die 'Slain in the Spirit' (bv. Hagin, Spillman en plaaslike pastore) dat mense nie moet saam bid wanneer hulle vir jou bid nie. Mense wat wil deel in die ervaring, of die 'doop met die Heilige Gees' word dan gevra om net hulleself onvoorwaardelik oop te stel vir die 'gees' (vgl. Yoga en TM waar jy net onvoorwaardelik oop moet wees en jou verstand onaktief moet wees as voorwaarde vir resultate). Hulle gebruik sekere "Buzz-words" soos : Just open up, just let go, loosen up, do not pray, this is a time of receiving and not giving, Jesus, give him a double dose of your power, In the name of Jesus I command you to laugh, Fire!, Substance!, ens. Hulle praat ook van die antennas wat opgesteek moet word (hande oplig!) "Want God het ons nie 'n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar......van selfbeheersing."(2 Tim 1:7) "En die geeste van die profete is aan die profete onderworpe."(1 Kor 14:32) Niks is meer onbybels as om vir iemand te kenne te gee dat die Heilige Gees nie kan werk as hy saam bid nie! Luister maar na die voorgangers wat vra dat die persoon vir wie gebid word nie moet saambid nie. Dit is ook telkens al bewys dat as iemand se verstand aktief is deur saam te bid, dan wou die 'Slain in the spirit' nie met hom gebeur nie. Die rede is dat dit nie die Heilige Gees is nie, maar 'n bose gees wat toegang het slegs wanneer die verstand in 'n passiewe 'oop' en neutrale toestand is. "Are you willing to receive anything that God is wanting to give you?", is dikwels die onvoorwaardelike oproep. Kerkgangers word opgeroep 'to relax in the Spirit'. Nadat iemand tydens die diens in die gehoor genees is en na vore kom, word die vraag aan hom gestel: "Would you like to receive the rest?" (J Spillman) Hierdie onvoorwaardelike oop wees vir 'n 'power' of vir 'the rest' is 'n ideale oop deur vir demone en ander godsdienstige geeste. Daarvan getuig baie na bevryding. God het ons nie net emosies gegee nie maar ook 'n verstand wat deur Sy Gees beheer sal wees. "Ons weet dat die Seun van God gekom het en ons verstand gegee het om die Waaragtige te ken...."(1 Joh 5:20). Soms wil mense voorgee dat te veel verstand baie mense se probleem is waarom hulle nie geestelike dinge verstaan nie. Die probleem is egter nie te veel verstand nie maar te min Heilige Gees - Heilige Gees wat die verstand beheer. Wanneer mense dus sê dat jy dit nie moet probeer verstaan nie, is dit lynreg teen wat die Bybel leer. Wanneer jou verstand mislei is, beweeg jy baie nader aan afgodery: "My kinders, bewaar julleself van die afgode."(1 Joh 5:21). Die Skrifte moet dus geken en gelees word om te weet wat van God is. Om 'gevoel' te wil gebruik, kan gevaarlik wees. 2. Gnostisistiese wortels. Gnosis is diep geestelike insig ("spiritual revelation") wat nie almal beskore is nie. Die Rooms-Katolieke Kerk bv. is gebou op Gnostisisme. As die Pous sê dat Maria mede-verlosser is saam met Christus, dan sê hy dit ten spyte van wat die Woord sê op grond van sy eie geestelike insig en oortuiging. Net die Pous het gnosis. Voorbeelde van Gnostisisme by ander godsdienste is talryk. Die Suf het dit by die Sufi-Moslems. By die Jode is dit die Rabi. By die Shia-Moslems is dit die Immam. By die Hindoeﳭe is dit die Hindoe priester. Ook by die groepe gaan dit nie oor wat hul heilige boeke leer nie, maar hoe die geestelike leier dit interpreteer. By die restorasie groepe is dit die Apostel en Profeet. Hy het die geestelike insig (gnosis) en daarom neem hy die leiding. As jy nie dieselfde insig het nie, is jy mislei of jy is in rebellie (vgl. hier bv. John Wimber)! Hierdie mense weet nie hoe om God te ken as hulle Hom nie kan ervaar of voel nie. "They do not know and learn of God through prayer and prayerful, steadfast study of His written Word, coupled with the collateral enlightment of the indwelling Holy Spirit. Thus, they sink deeper and deeper into ever more bizarre spiritual experiences while their knowledge of Scripture wanes."(The Christian Concience, June 1997). Die Bybel is nie meer die primêre openbaringsbron nie. Visioene, drome, verskynings van Jesus en engele, tale en profesië word 'n direkte lyn met God wat die Woord van God eenkant stoot. In die vroeë Christelike Kerk was twee vorme van Gnostisisme - soos dit in die heidendom voorgekom het en soos dit in die Kerk voorgekom het. Vandag is daar ook twee vorme: i. Die New-Age variasie -"Ek het insig en verligting." ii. Restourasie beweging (Toronto verskynsel, visualisasie, asemhalings oefeninge, visioene, ens.) Wondertekens, genesings en die bonatuurlike word vir die mense die waarmerk van die teenwoordigheid en die werking van God. Die mense wil graag sien. Mense bou al meer en meer hul geloof op ervarings en openbarings en al minder op die Woord van God. Mense weet nie meer hoe om God te ken as hulle Hom nie kan ervaar en voel nie. ("Want ons wandel deur die geloof en nie deur aanskouing nie."(2 Kor 5:7). "What they really want is a God they can see visibly, touch and feel, which is why we hear so much today about "experiencing God and feeling God's presence". It is also why there is such a great lusting after visible, physical manifestations and "impartations". (The Christian Conscience) Die Here wil egter dat ons geloof en verlossing gebou sal wees op Sy Woord en nie op tekens, visioene, gevoel of ervarings nie. "...'n slegte en owerspelige geslag soek na 'n teken...."(Matt 12:39) In 2 Konings 22:8 lees ons die verhaal van die hoëpriester Hilkia wat die Wetboek (Bybel) tussen al die rommel in die tempel ontdek. Ons is bevrees dat die Woord van God tussen al die geestelike rommel weereens verlore geraak het. In Lukas 24:13-35 lees ons van Jesus se gesprek met die twee gelowiges op die pad na Emmaus. "En Hy het begin van Moses en al die profete af en vir hulle uitgelê van al die Skrifte die dinge wat op Hom betrekking het."(vs. 37) Jesus wou dat hul geloof gebou sou wees op die Woord, daarom gee Hy hulle nie 'n ervaring nie maar Sy Woord. "A single word, 'Behold it is I', would have filled them with assurance and joy. Instead of this, He remains a stranger..... and leads them to the infallible Word of God.....that their faith may rest on the testimony of God in the written Word." "As julle in My Woord bly, is julle waarlik My dissipels.......Die wat uit God is, luister na die Woorde van God."(Joh 8:31,47) 2.1 Getuienisse wat op Gnostisisme dui 2.1.1 Getuienis van Lorraine Rustenburg Lorraine Rustenburg vertel wat met haar gebeur het. 'n Bekende leier in die nuwe beweging het vir haar gebid om met die Heilige Gees gedoop te word: "Hulle het vir my gesê dat ek in tale moet bid. Ek moet my hande in die lug optel en net aan niks dink nie. Ek moet net oopmaak en die Heilige Gees inasem. Ek kon toe nog nie. Hulle sê toe vir my dat ek nog nie ontspan nie. Ek moet die Heilige Gees net inasem. Daar het toe wel 'n taal deur my gekom maar ek kon net twee woorde sê, toe het dit opgehou. Hulle het vir my gesê dat ek nie bekommerd moet wees nie, dit sal wel groei. Vandat ek sogenaamd die 'Heilige Gees ontvang het', het ek agtergekom dat ek nie die Bybel kan lees of bid nie. Ek moes myself dwing om kerk toe te gaan, te bid of te lees. As ek klaar my Bybel gelees het, het ek nie geweet waaroor dit gegaan het nie. Ek kon so wakker wees as moontlik, maar sodra ek die Bybel opgeneem het, het die letters op en af gespring. Ek het gevoel asof ek teen 'n muur vas bid. Ek het deur hel gegaan in die tyd wat ek met hierdie mense deurmekaar was. Ek was diep ongelukkig. Die een oomblik was ek so vol liefde vir my medemens en die volgende oomblik het ek weer geskreeu van frustrasie. Een oomblik was ek bo in die hemel en die volgende oomblik was ek onder op die aarde. Soms wanneer ek gebid het, het ek vir Satan aangespreek in plaas van vir God. Dit het my baie ontstel. Ek was baie bakleierig met ander, selfs met my vriend. My vriendin en haar vriend het dieselfde dinge ondervind. Vandat hulle met R... deurmekaar is, gebeur daar net lelike dinge met hulle. Daar was totale verwarring en tweestryd in my gemoed. Ek het gedink dat ek eendag sou regkom en dat dit deel was van die normale. As ek nog drie maande so sou aangegaan het, sou ek geestelik morsdood gegaan het." 2.1.2 Mev May van der Walt van Pretoria Sy vertel as volg oor haar bevryding: "Ek het by geleentheid by iemand gehoor dat die gees wat mense laat val, 'n Oosterse gees is wat met passiwiteit gepaard gaan en ook 'n vernietigingsgees wat net verwarring veroorsaak. Ek het my toe voorgeneem dat as ek weer met 'n geval van die 'Toronto gees' te doen het, gaan ek gebruik maak van die naam om dit aan te spreek. By hierdie vroutjie het ek die naam aangespreek. Toe ek dit sê het sy heeltemal verstar. Sy het in 'n 'trance' gegaan en haar hande het outomaties opgegaan en sy het haar hande bokant haar kop opgesteek terwyl sy bewe. Sy kon nie op haar voete bly staan nie. So het sy vrygeraak van daardie gees wat in haar gekom het, daardie oomblik toe sy neergeval het in die gees om die Heilige Gees te ontvang om in tale te kan spreek." 3. Spiritistiese wortels? Wie 'n studie maak van Kenneth Hagin, 'n bekende naam in die 'Neerval en Lag in die Gees' kringe se bediening, moet erken dat hy 'n baie defnitiewe, spiritistiesgekleurde bediening gehad het. Hy vertel self van 'n ondervinding wat as 'n ekskursie van die siel of astrale projeksie ('n algemene verskynsel onder Hindoes en Boeddhiste) beskryf kan word. Hy het in die ervaring 'n ontmoeting met Jesus gehad wat sy hande aangeraak het. Sy hande het toe begin brand soos 'n kool vuur. Daarna as hy vir mense gebid het, het hulle weer op hulle beurt die warm hande ervaar. Hagin vertel van stemme wat met hom praat. Hy kan selfs die 'Heilige Gees' sien! Hy sien hom tydens sy dienste van agter inrol soos 'n wolk. Hy s꠳elf: "I cannot do it unless that cloud is there. As that cloud rolls in, I just waved my hand and every one of them went down like dominoes. Several times that happened to me. We had a time that night! For one thing, Buddy Harison, my son-in-law, was helping to catch these people and he got in that cloud. I'll step out of it very often te keep from going down myself, because otherwise I'll go down too. But Buddy didn't know it was there, and he fell in someone's lap! The only way he could get up was simply to roll over and crawl out of the cloud. When he got to the edge of the cloud he could stand up." By 'n ander geleentheid kon mense die vuur uit sy vingers sien spring na iemand se voorkop. Hy vertel ook van 'n sestienjarige meisie vir wie hy gebid het en dat sy daarna vir 8 uur en 40 minute met haar hande bo haar kop, oop o렡sof versteen, gestaan het. Hy vertel ook van 'n vrou wat by sy dienste in die gees begin dans het, sonder om aan die vloer te raak. Al die dinge kom ook voor by spiritiste. Daar is seker nie ‘n enkeling wat meer skade aan die Kerk gedoen het as Kenneth Hagin nie. Hierdie geestelike vader van Rhema het sedert 1938, vir baie jare, miljoene Christene met hierdie ‘ander Jesus’ gees besmet. (Sien Video: Kenneth Hagin and the Spirit of the Serpent) 3.1 Getuienis wat op spiritisme dui 3.1.2 Getuienis van Ds Endres Ds Endres, 'n gewese spiritis, vertel op kasset van sy ondervinding en van sy besoeke aan ander kerke waar onder andere die 'Slain in the Spirit' plaasvind. Hy stel dit duidelik dat dit nie gaan oor kerke nie, maar oor 'n geestelike stroming binne talle kerke. "Die pastoor het eindelik van die preekstoel afgeklim en die mense se kakebene begin skud en vir hulle gesê, "Spreek in tale". 'n Ander ding wat hy vir hulle geleer het was: "Dink aan niks totdat die Gees van God beheer oor jou neem." Nou, om aan niks te dink nie is 'n totaal spiritistiese beginsel wat toegepas word sodat die gees eindelik oor jou kan kom. Dit is baie eenvoudig, Satan werk ondanks die persoonlikheid van die mens. Maar God werk deur die Heilige Gees in samewerking met die persoonlikheid van die mens, wat verstand, wil en emosie insluit. In een van die boeke oor die spiritisme word metodes verduidelik wat handel oor voorskrifte met betrekking tot genesing. Die vierde een is die van genesing deur warm hande (vgl. Kenneth Hagin). Dit gebeur wanneer die persoon voor jou lê en jy met jou hande oor daardie persoon stryk. Op die punt waar die hande warm word is die plek waar daardie persoon siek is. Daarna lê jy hande op daardie persoon totdat hy genees is. Die persoon is genees op die oomblik wanneer die warm hande verdwyn. Die tweede 'gawe' wat Kenneth Hagin gebruik is die van die 'Lag in die Gees'. Daarvan sê hy die volgende: "Die formule wat gebruik word is die volgende: "In the name of Jesus" of: "In the name of the Father, son and Holy Spirit", en dan: "In the name of contact and transmission" of hy sê net: " In the name, receive the Holy Spirit." 'In the name of the contact and transmission', is dit wat in die spiritistiese wêreld gebeur wanneer een mag oorgeplaas word na 'n ander toe. Daardie formule kom nêrens in die Bybel voor om die Heilige Gees te ontvang nie. Hier is 'n ander gees aan die werk. Verder, dat die mense bewusteloos word, neerslaan en agteroorval, het te doen met 'activity of mind'. Dit is ook wat gebeur wanneer 'n gees beheer neem oor 'n medium. Daardie persoon word heeltemal passief, verloor haar bewussyn en dan praat 'n ander gees deur haar. Kenneth Hagin het nooit die gees getoets nie. Hy het nooit vir Christus wat aan hom verskyn het, gesê nie: "Wys my jou hande en voete want dit is permanente kentekens wat Christus dra om sy outentisiteit te bewys." Dit is die verskil tussen Hom en elke ander gees wat homself voordoen as Christus. Die mense wat met die 'Lag in die Gees' te doen het, is kinders van die Here, maar hulle het die ware weg van saligheid byster geraak. Die psigologiese gevolge van die neerval is maniese depressiwiteit met selfmoordneigings en totale koudheid ten opsigte van geestelike dinge en die Bybel." Tot sover Ds Endres. In 'n proefskrif van die Oral Roberts Universiteit, toon McConnell aan dat Hagin plagiaat gepleeg het en die meeste van sy gedagtes 'geleen' het van Kenyon. Hierdeur bewys McConnell dat Hagin eintlik nie die vader is van die sogenaamde "Faith Movement" nie, maar wel Kenyon. Verontrustend is egter die feit dat hy in sy proefskrif aantoon dat Kenyon se gedagtes, wat Hagin deur sy boekies wêreldwyd versprei het, gebaseer was op die kultus van 'mind over matter' van die Christian Science. "For Hagin, prosperity is not so much the blessing of a personal, rational God as it is the discovery and utilization of the cosmological laws of the universe. Anyone who conforms to these laws will reap their blessings." Op 'n baie subtiele wyse het Kenyon via die boekies van Hagin, spiritistiese en Christian Science gedagtes op die oop naïewe charismatiese mark versprei. Hierdie kultiese gedagtes toon McConnell aan in Hagin se sienings ten opsigte van die 'prosperity gospel", siekte en genesing, die 'what I confess, I possess' geloof, en ander nuwe gepopulariseerde gedagtes. Baie van die moderne nuwe en populêre leerstellings is niks anders as gepopulariseerde Christian Science gedagtes wat die kerk van Christus binne gekom het deur Hagin se boekies nie. Op hulle beurt weer het ander wat deur Hagin se boekies geïnspireer is, soortgelyke gedagtes deur hulle boekies versprei. So op subtiele en indirekte wyse het heidens en demoniese leerstellings die kerk van Christus binne gedring. Kathryn Kuhlman, het die 'gawe' blykbaar by haar swaer se evangelisasie dienste ontvang. Sy het as jong evangelis by hom begin. Die verskynsel het so sterk na vore getree in haar bediening dat sy dikwels met haar dienste nie 'n kans gekry het om te preek nie. Sodra sy die verhoog betree het, het die mense begin val en die genesingsdeel van die erediens het dan maar net aangegaan. Kurt Koch en W. J. Ouweneel beskryf haar as 'a medium of the 'lord of the world'; as 'n spiritis wat na bewering voor haar bekering betrokke was by spiritisme. Alhoewel 'n erkende misterie hierdie vrou se lewe kenmerk, is dit tog bekend dat sy baie vrese gehad het. Sy wou ook nie sterf nie - sy was beangs. 'n Biograaf onthul dat sy aan die einde van haar lewe ook nie meer die Bybel gelees het of gebid het nie. Al hierdie dinge toon dat sy wel probleme gehad het. Die bedienings van altwee hierdie pioniers van die 'Slain in the Spirit' toon dus duidelik spiritistiese tendense. Dit is nie bekend hoeveel mense die 'gawe' van Kuhlman ontvang het maar dit moet baie wees, waaronder ook Hagin, Spillman, Benny Hinn en andere. 4. Magise Wortels (magic) Wat is die verskil tussen magie en egte geloof? In Bybelse geloof hanteer God die mens en is die mens ondergeskik gestel aan die wil van God. In magie hanteer en gebruik die mens sy god tot sy eie of ander se voordeel. Die god betrokke by magie is 'n klein god, 'n god wat in jou sak pas, 'n god wat reageer met 'n klap van die vinger. Luister gerus hoe hulle God manipuleer: "Jesus, get him ....", "Jesus, give him a double dose of your power..." By die 'Lag in die Gees' is 'n duidelike magiese hantering van die Heilige Gees waarneembaar. Sommige blaas slegs op 'n persoon, ander sal iemand aanraak met die vinger, ander sal iemand op sy naam aanspreek, ander sal net 'n beweging met die hand maak en mense sal neerslaan. Dit is nie die Gees van God nie, maar die gees van die Toordoktor wat deur magie gehanteer, gestuur en gemanipuleer word. Die Heilige Gees kan nie op dié willekeurige wyse gemanipuleer word nie. Die Bybel is tog duidelik daaroor dat God se Gees werk na gebed en verootmoediging. Die Gees se kenbare teenwoordigheid word tog vir ons verduidelik, naamlik daar waar sondebesef, berou, verootmoediging, die vrug van die Gees, 'n belydenis en getuienis aangaande Jesus, 'n verlange na die wederkoms, is. "Sommige Christene soek na mag" sê ds Andries Lombaard (Redakteur van 'Vernuwing’, 1983). Die versoeking wat gerig was aan Adam en Eva dat 'julle soos God sal wees', bring vandag nog baie tot 'n val. Hierdie sug na mag en eer veroorsaak dat mense God op 'n magiese wyse hanteer asof God aan hulle ondergeskik is en die Heilige Gees met 'n vingerklap op hulle bevele reageer. 5. Deïfikasie van die Mens as wortel Die sonde waarmee die duiwel die eerste twee mense tot 'n val gebring het naamlik om aan God gelyk te wees, is die sonde waarmee kinders van die Here vandag nog tot 'n val gebring word. "Maar God weet dat julle oë sal oopgaan die dag as julle van daardie boom eet en dan sal julle soos God wees" (Gen. 3:5.) Duisende mense glo die leuen dat die mens 'n inkarnasie van God of God self is. Dis nie meer net 'n misleiding onder die nie-Christelike groepe soos die Mormone, Humanisme en die Hindoes nie. Pastoor Casey Treat van die 'Christian Faith Centre', in Washington, sê die volgende in 'n preek oor Gen 1:26: "Laat ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis ..." (ou vertaling): "I am an exact duplicate of God! When I look in the mirror, I see God! Oh, hallelujah! Since I'm an exact duplicate of God, I'm going to act like God." Pastoor Treat neem 'n sprong van die beeld van God, na om soos god self te wees en dinge soos god te doen. Die vorige skrywer wys daarop dat bygeloof die basis is van die 'positive confession' beweging. Omdat jy God is, kan jy net daardie positiewe woord met jou mond spreek en dan sal dit so wees. Wat jy sê sal wees, word gesê. Soos God skeppend gespreek het en dit het tot stand gekom, so kan ons ook, omdat ons God is. "Confess your healing, confess your prosperity ... command God to heal and bless." Hierdie gedagte kom in groot variasie voor onder talle van die pinkstergroepe. Sommige kom dit nie eens agter dat hulle die mens tot god maak nie. Juan Carlos Ortiz sê byvoorbeeld baie mooi dinge oor die gebed. Op een van sy kassette vra hy egter waarom ons opkyk na die hemel as ons bid. God is binne in ons. Waarom praat en bid ons asof Hy buite ons is. Hy is binne in my. Ek moet met hom binne in my praat. Wat ons hier het, is niks anders as die hindoeïstiese beginsel van 'god realization' nie. Yonggi Cho, Charles Capps en ander praat van die mens om te wees 'in God's Class'. Kenneth Copeland sê ook: "You don't have a God living in you; you are one". Wat wel waar is, is dat die mens 'n 'god' geword het - sy eie god! Die Mormone beweer egter dat die duiwel die waarheid verklap het toe hy vir Adam en Eva gesê het dat hulle soos God sal wees. Omdat die mens tot God verhef word, moet hy die voorspoed ontvang wat hy bely. Daarom moet mense gesond word as vir hulle gebid word. Die bedingingsmag van die mens met God het so groot geword dat die mens nie meer van God vra nie, hy vat wat hy wil. God het geen sê meer nie. Hy kan nie nee sê nie. Alles is positief vir die mens. Hierdie misleiding het 'n groot deel van die charismatiese wêreld op sleeptou. "In the Name of Jesus" is nou 'n 'magiese woord wat God laat rondspring om te doen wat die mens gedoen wil hê; jy is tot alles in staat, as jy net die wette of beginsels ken wat die wonders tot stand bring. Beoefenaars van die 'Slain in the Spirit" het onbewustelik prooi geword van hierdie gevaarlike verskynsel van die vergoddeliking van die mens. Sommige het deur die wyse waarmee hulle met God, met Jesus, met die Heilige Gees en die Woord van God omgaan, hul skuldig gemaak aan die vergoddeliking van die mens sonder dat hulle doelbewus dit wou doen. As hierdie 'gode' spreek val mense om, word hulle gevul met die 'gees' en word hulle genees. Die 'gees' word gemanipuleer en gestuur soos hulle wil. Francis MacNutt, 'n voormalige Roomse katolieke teoloog en voorstander van 'Lag in die Gees' vertel van 'n geval waar 'n Roomse Katoliek neergeval het en Moeder Maria aan hom verskyn het en sekere waarhede oor haar eie lewe in die toekoms, geopenbaar het. Watter gees is dit wat die Moeder Maria-verering bevorder? Of het ons in die geval van Maria met 'n spiritistiese gees te doen naamlik die verering van die afgestorwenes? 6. Hipnose Anton Mesmer is die vader van Hipnotisme. Een van sy genesing-sessies is as volg beskryf: "Mesmer marched about majestically in a pale lilac robe, passing his hands over the patients’ bodies or touching them with a long iron wand. The results varied. Some patients felt nothing at all, some felt as if insects were crawling over them, others were siezed with hysterical laughter, convulsions or fits of hiccups. Some went into a raving delirium, which was called ‘The Crisis" and was considered extremely healthful."(Larry Thomas’ newsletter) Hy skryf verder: "Just as the Western psychologists are proffering ancient shamanistic practices in a guise which is more palatable to the uninitiated Westerners, so the professing Christian churches which peddle ‘religious fainting’ have simply made the Possession-Trance state of shamanism more readily acceptable to the undiscerning sheep who attend their heated meetings. These are the true origins of the strange phenomena which are being so widely reported today and which are bringing the Gospel and the Church of Jesus Christ into so much disrepute."(Larry Thomas’ newsletter) In die dienste van Kenneth Hagin gebeur dit telkens dat van die mense in ‘n ‘trance’ toestand gaan, of vas aan die vloer gegom bly dat vier sterk mans die persoon nie kan oplig nie. Dan moet Hagin hom eers gaan ‘release’ voordat die persoon kan opstaan of uit die ‘trance’ toestand kan kom. Wie al by Hipnose vertonings was, sal soortgelyke gevalle onthou. ‘n Besliste kenmerk van die ‘Slain in the Spirit’ is dat dit Hipnose is. Dave Hunt wys daarop dat daar ‘n wêreldwye herlewing van Shamanisme / Towery is. HY noem vyf eienskappe van Shamanisme: o1 Visualisasie o2 Hipnoterapie o3 Psigoterapie o4 Positiewe denke o5 Positiewe uitsprake Hipnose is dus een van die eienskappe van Towery. Hy wys daarop dat daar ‘n herlewing is van Towery is en dat Shamanisme die Kerk van Jesus Christus ingesluip en dat al vyf hierdie eienskappe tans in die Kerk teenwoordig en aktief is, waaronder ook Hipnose.. 7. Suggestie. Die moontlikheid dat suggestie 'n faktor is, is deur talle bevestig. Suggestie kan 'n seën wees, maar ook 'n groot gevaar vir die wat dit verkeerd gebruik. Daar is psigologiese reëls waarvan kennis geneem moet word. Skares kan te maklik opgesweep word. Suggestie en emosionaliteit kan uitgebuit word. Om die rede is dit oneties as evangeliste en predikers hierdie reëls van groepsdinamiek oortree. Die emosionele profiel behoort so normaal as moontlik gehou te word sodat die rasionele nie sy regverdige plek inboet nie. Waar die rasionele ingeboet word, daar kan 'n gehoor die prooi raak van suggestie. Met so 'n gehoor kan letterlik getoor word omdat die naïewe ontvanklik word vir enigiets wat van die voorganger kom. John Richands wys op die gevaar van suggestie: "Falling can be accomplished merely by a conscious or uncounscious expecting it to happen. This expectation, even at an uncounscious level, is stronger if it has happened, e.g. if there are 'catchers', then the planners of the event have gone a long way towards ensuring that people fall!' Hy wys verder daarop hoe aansteeklik sekere gebeure is - een begin hoes en nie lank daarna nie hoes almal. Iemand begin gaap of lag en 'n ruk later wil almal dit doen. Dat suggestie wel 'n ondergeskikte rol speel, word nie betwyfel nie. Richards, ook 'n Roomse Katolieke teoloog meen dat so min as 5% van die verskynsel in die praktyk, van God is. Nog 5% skryf hy aan demoniese werking toe en die ander 90% aan bloot sielkundige of menslike faktore. Kurt Koch gee ook sy opinie: "I cannot accept this phenomenon of being 'Slain in the Spirit' as a work of the Holy Spirit. When people fall to the ground in the course of a spiritual revival, in repentance and sorrow for sin, weeping over their sins and asking God for forgiveness, it is quite a different matter." 8 Godsdienstige Geeste In 2 Kor. 11:14 lees ons: "Satan self doen hom voor as 'n engel van die lig". F J Pope verduidelik die teks verder: "Hij vertoont zich niet in zijn ware gedaante, omdat hij verwacht dat die mensen, die hij wil verleiden, hom dan niet zullen gehoorzamen. Hij gedraagt zich alsof hij van God vandaan komt en gods boodschap overbrengt. Ieder, die God vreest, loopt groot gevaar daarvan de dupe te worden. Slechts weinigen doorsien de duivelse opset." Die afgelope jare het die skrywer self persoonlik baie ondervinding opgedoen met hierdie sogenaamde godsdienstige geeste. Hulle is bose geeste wat hulleself as die Heilige Gees of as Jesus voordoen. Hiervan het ons baie ervaring in die onafhanklike kerke (Sioniste). Wat gebeur is die volgende: By hierdie groepe is die voorvereiste tot lidmaatskap nie 'n bekering, 'n breuk met die sonde en die tradisionele voorvaderverering, bygeloof en gebruike nie. Mense is welkom met al hierdie heidense erfgoed. Vervolgens word hierdie bekeerlinge na 'n rivier, dam of die see geneem vir die doopplegtigheid. Die 'gees' oorweldig hulle en hulle begin in tale spreek sodra hulle uit die water kom. Van daardie dag af beheer hierdie 'gees' hulle lewe. Die 'gees' sonder hulle vir gebed af in die berge. Sulke persone kan baie spontaan bid en ook baie spontaan sing. Hierdie 'gees' wat hulle die Heilige Gees, of die 'Engel van God' of die 'gestuurde van God' noem, sal hulle baie mooi godsdienstige opdragte in hulle drome gee, byvoorbeeld om by 'n sekere stad vir 'n sieke te gaan bid en dié sal dan gesond word. Hulle sal ook visioene kry van Jesus of hulle geestelike leier. Hierdie 'gees' sal egter nooit met hulle praat oor sonde in hulle lewe nie. Sangomas en toordoktors wat tot 'bekering' kom by die groepe sal dikwels getuig dat die 'Heilige Gees' vir hulle in 'n droom gesê het om nie meer die tradisionele, kenmerkende klere en velle van die sangomas aan te trek nie, maar nou die geseënde toue en klere van die profeet. Onder die inspirasie van die 'gees' sal hierdie heiden in Christelike gewaad nou nie meer sy dolosse gooi om waar te sê nie, maar van nou af sal hy/sy 'profeteer'. In werklikheid gaan hierdie profeet nog steeds aan met sy waarsêery deur die inspirasie van dieselfde bose gees maar onder die misleidende voorwendsel dat hy nou profeteer en Bybelse terminologie gebruik. Wanneer sulke profete tot bekering kom en vir hulle gebid word, manifesteer hierdie bose gees. Sulke mense kan dikwels daarna nie glo dat hulle so mislei was nie. Dit is nie net swartmense wat teikens van die duiwel is nie. Dieselfde 'krag van die dwaling' is ook aan die werk in kerke en groepe wat baie ywer vir die Here het. 'n Swart geestelike werker besoek een aand saam met sy goddelose buurman so 'n diens. Hy vertel: "Toe hulle my vra om vorentoe te kom, weier ek. My ongelowige buurman wat in sonde lewe gaan egter vorentoe. Hulle vra hom toe: 'Wil jy die "gees" ontvang? Hy antwoord bevestigend en hy en talle ander slaan toe neer. Sommige slaan toe neer sonder dat daar gebid word, net deur 'n aanraking. Sommige word uitgedra en word buite wakker. Hulle deel die Gees van God uit asof Hy aan hulle behoort!" In Pietermaritzburg val twee dronk mans ook by so 'n samekoms. Erlo Stegen haal 'n bekende terroris aan wat na sy ondervinding met die 'Lag in die Gees', teenoor die mense opgemerk het: "Wat se soort Heilige Gees het julle? Toe ek nog onbekeerd was, vol haat vir die blanke, nog gedrink en gerook en moord gepleeg het, toe was ek een aand in 'n tentdiens met die Heilige Gees gevul. Watter soort gees is dit wat mense vul terwyl hulle nog vol sonde is?" In persoonlike gesprekke het verskeie persone aan my die volgende vertel: Omdat hulle reeds gewaarsku is teen die moontlikheid dat die 'Lag in die Gees' nie 'n werk van die Heilige Gees is nie, het hulle besluit om die geeste te toets. Sommige van die persone is genooi om die doping van die Heilige Gees te ontvang terwyl ander vorentoe is vir gebed om genesing. Terwyl vir hulle gebid word, het hulle ook gebid deur vir die Here te sê, as hier 'n 'ander gees' betrokke is, Hy hulle sal bewaar om nie oorweldig te word deur daardie gees nie, maar as dit die Heilige Gees is, om wel te val. Met hierdie kritiese openheid het hulle gewag. Ander het om hulle geval, hulleself nie. Al die persone wat so gebid het, was later oortuig dat die 'Lag in die Gees' 'n vrug van die duisternis was. 9. Dit is tiperend van ‘n EIESINNIGE GODSDIENS: Die groot vraag is egter: Waar is die OOP DEUR vir die duiwel? As mense kinderlik na God gaan en brood vra, sal Hy mos nie 'n slang gee nie?! Tog - mense soek die Heilige Gees en kom by sulke dienste uit met 'n bose gees. Waar het dit verkeerd geloop ? Baie gebruik hierdie argument dat Jesus gesê het dat as ons van die Vader brood vra, Hy nie 'n klip sal gee nie. "Hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid." (Luk 11:10-13). Hierdie mense vra egter nie vir die Vader nie, maar vir die Gees. Kom ons verduidelik: Die Bybelse orde, ook as ons bid, is nie 'n aanspreek en kommunikasie met die Heilige Gees nie. Jesus het sy dissipels geleer bid: "Wanneer julle bid, sê ‘Onse vader...." Wanneer ons bid praat ons met God en ons kom na daardie God in die naam van Jesus Christus. Die Heilige Gees bewerk egter die kommunikasie tussen God en mens omdat dieselfde Gees wat in God is, ook in die wedergebore Christen kom woon. Wanneer ons aan die orde peuter, is ons besig met eiesinnige godsdiens en gee daardeur plek aan die duiwel. Dit is wanneer 'n ander gees en 'n ander Jesus en 'n ander evangelie gedien word. Die Bybel is vol van die oordeel van God tov. eiesinnige godsdiens. Voorbeelde hiervan is: o1 Offers wat op die hoogtes gebring ipv. in die sinagoge of tempel (1 Kon. 22:44; 2 Kron. 12:13; 14:4; 15:9; 17:9; ens.) o2 Siek of gebreklike diere wat geoffer is (Mal. 1:7,13). o3 Koning Agas maak 'n altaar na wat hy in Damaskus gesien het. Hy verskuif ook aan die voorwerpe in die tempel. Hy herorganiseer die godsdiens na sy smaak. (2 Kon.16:10-20) o4 Koning Ussia neem die werk van die priesters oor deur self te offer. (2 Kron. 26:16-19). Luister maar na dié Christene se gebede. Hulle is voordurend besig om met die Heilige Gees te praat. Hoe goed en geestelik dit ookal mag klink, dit is nie God se orde nie. Van die Heilige Gees het Jesus gesê, "Hy sal My verheerlik."(Joh. 16:14) Die fokus moet dus op God soos Hy Homself in Christus Jesus openbaar het, bly en nie op die Heilige Gees nie. Die hart van die Evangelie is nie die koms van die Heilige Gees nie maar Jesus se koms. Wanneer God se orde omgekeer word, gee ons plek aan die duiwel. Levitikus 10 vertel vir ons die tragiese verhaal van mense wat 'n vreemde vuur voor die Here gebring het. Dit gebeur met mense wat nie by die duidelike voorskrifte van die Woord staan nie. 10. Toordery die wortel!! Baie opregte Christene word mislei deur wonderwerke asof alle wonderwerke van God is. As daar 'n wonderwerk gebeur, sal baie die persoon wat die wonderwerk doen, as van God aanvaar. Die meeste liggelowige Christene sal byvoorbeeld alle wonderwerke wat in Jesus se naam, in 'n erediens of by 'n evangelisasie geleentheid plaasvind, as van God aanvaar. Tog is dit nie waar nie. Dit is bekend dat die duiwel ook wonders doen (bv. Eks. 7:11, Dan. 2:2, 4:7 ens.). Dit is ons ervaring ook met Toordokters, Sangomas, Hipnotiste, Homeopate, Refleksoloë ens. Hierdie sogenaamde wonders word deur die duiwel of 'n ander gees gewerk. Ons noem dit nie wonders nie, maar toordery. Jesus het gesê dat toordery die kerk gaan binnedring (Matt. 7:22, 24:24, Hand. 8:9-10, 2 Thes. 2:9, Open 13;13, 16:14 en 19:20). Ons het in die ‘Neerval en Lag in die Gees' met 'verchristelikte toordery' te doen! As ons bewys het dat dit nie in die Bybel voorkom nie, maar oëverblindery van die god van hierdie wêreld, naamlik die duiwel is, dan moet ons die dinge wat nie in die Skrif voorkom nie, toordery noem en verwerp. Ons het hier te doen met 'n gevaarlike praktyk, 'n praktyk wat onder alle heidense gelowe soos Hindoeïsme ook voorkom. "Dit is niks snaaks dat dit onder die kinders van die Here voorkom nie, want in Gal. 5:20 word towery en afgodery as werke van die vlees genoem" (Ds W Marais). Terug na Indeks * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * D. HERLEWING, ‘N NUWE DING VAN GOD OF MISLEIDING? 1. Is dit nie dalk herlewing nie? As sommige van die verdedigers van die 'Slain in the Spirit' beweer dat die verskynsel voorgekom het in die tyd van die vroeë herlewings van Wesley en Whitfield, dan is dit nou ook duidelik dat dit heeltemal iets anders is. Die mense het nie in 'n beswyming neergeval nie, maar dit was as gevolg van sondeberou en bewus van God se teenwoordigheid. Om die normale weg wat God met 'n mens loop, naamlik berou en bekering eenkant toe te stoot en die buitengewone, uitsonderlike weg van bekering (bv. Paulus op die Damaskuspad), te wil ritualiseer, is om die Bybel uit verband te ruk en legalistiese druk op God te plaas om bekerings baie goedkoper te maak sonder 'n behoorlike prysberekening. Gewoonlik is daar geleentheid by die dienste om Jesus aan te neem - sonder prysberekening. Die 'Slain in the Spirit' word nogtans deur baie beoefenaars daarvan gebruik as 'n drukgang om mense tot bekering te bring. Mense word nou nie meer voor die keuse geplaas om tot bekering te kom of nie. 'Slain in the Spirit', as ervaring, vervang die redelike wilsbesluit van 'n persoon. Daarmee word bedoel dat ongeredde wêreldlinge dikwels soos diere deur die drukgang van hierdie handeling gejaag word. Skielik sit hulle midde in 'n vreemde ekstase en as hulle daar wakker word, maak hulle vanweë die heerlikheid van die ervaring, hulle ondeurdagte besluit bekend, naamlik om 'n Christen te word. Daar was geen wilsbesluit na 'n behoorlike oorweging of hulle bereid is om die koste van hulle voorgenome Christenskap te bereken nie (Luk.9:58; 14:28). Dat God dit by uitsondering kan doen, word erken, maar om dit te wil ritualiseer, is onbybels. Ezra Coppin se verduideliking spreek vir homself: "Saul of Tarsus was 'Slain in the Spirit'. I have seen many people so 'slain' who were not Christians and the experience had the fabulously glorious result of 'making believers' out of them! They rose to a new life." 2. ‘n Nuwe ding van God of misleiding? Die argument naamlik dat God besig is om 'n nuwe ding te doen en dan Jesaja 42:9 aan te haal, is niks anders as inlegkunde, naamlik om iets te veronderstel wat die Bybel nie sê nie. Op dié wyse kan die duiwel steeds 'nuwe ervarings' aan oop, naïewe mense bekendstel, en dit sal voetstoots aanvaar word. "God is going to do a new thing..." beteken tog nie dat God iets buite die bakens of grensdrade van Sy Woord gaan doen nie! Om die voorbeeld te gebruik van 'n ingenieur wat op 'n sekere dorp sy ingenieurspraktyk het. As hy besluit dat hy 'n nuwe ding gaan doen, dan beteken dit dat hy sy praktyk net na 'n nuwe omgewing toe skuif. In die nuwe dorp gaan hy egter aan met sy ou praktyk, net in 'n nuwe omgewing. God se werkswyse bly dieselfde. Hy bring herlewing deur sondebesef, berou en bekering te werk. Hierdie herlewing werk Hy waar die Kruisboodskap van Sy Seun Jesus Christus verkondig word. "Accurate knowledge of God and what pleases or displeases Him is set forth by God Himself in His written Word. Once we go beyond the surety of Scripture and what is written there, what we do, in reality, is make for ourselves a "God" fashioned after our own distorted perceptions of what God should be, or rather, what we want Him to be. That is idolatry."(The Christian Conscience, June 1997). Soveel mense verwyt deur te sê dat ons God nie mag beperk asof Hy nie 'n nuwe ding mag en kan doen nie. "You can't put God in a box." Dit is nie ons wat God beperk nie, Hy beperk ons. Die grensdrade of grensbakens waarbinne God gesê het dat Hy gaan werk, word volledig in die Bybel vervat. Daarom die verbod teen alle invoegings en uitlatings tot die Skrif (Op.22:19). Dit verseker dat daar geen onsekerheid sal wees oor wat reg of verkeerd is nie. Die gees van die valse profeet praat van nuwe openbaringe: "God is besig om 'n nuwe ding te doen", en "Ons mag die Gees van God nie beperk deur net dit wat in die Bybel staan nie." Ons antwoord hierop is: 1. Jy kan die Gees van God nie losmaak van die Woord nie. Wanneer dit gebeur, stuur alles op chaos af. Dan gebeur dit dat mense soos leeus in dienste brul en ander dieregeluide maak; in die gees kraam, orgasme in die gees; urineer en lag in die gees en ander vreemde en onbybelse dinge doen terwyl die patetiese pastoor toekyk en meedoen omdat hy nie die Gees wil teenstaan as Hy werk nie!! Die Gees van God se grense is die Woord. "Die woorde wat Ek tot julle spreek, is Gees en is lewe," sê Jesus (Joh 6:63). 2. Jy kan die Gees van God nie losmaak van nugtere denke nie. Wanneer Christene sekere nuwe verskynsels bevraagteken, word hulle dikwels as ongeestelik afgeskryf as mense wat nie sekere ervarings wil aanvaar voordat hulle dit nie met hul verstand verstaan nie. Die verstand word onder verdenking geplaas as iets vyandigs teenoor God. Om jou verstand egter te gebruik is geen vleeslike of minder geestelike aksie teenoor iemand anders wat sg in die Gees is (of sg. openbaringskennis (gnostisisme) het nie. Inteendeel, ons word opgeroep om nugter en verstandig te wees. Jesus verwyt dikwels: "Is julle ook so sonder verstand ?" (Mark7:18) Ons moet God dien ook met ons hele verstand (Mark12:33). Die Heilige Gees word ook genoem die Gees van wysheid en verstand. Ons verstand moet egter deur die Heilige Gees beheer word anders is ons nog verduisterd of verdorwe in die verstand (Ef 4:18;1Tim 6:5). "Ons weet dat die Seun van God ….ons verstand gegee het om die Waaragtige te ken…"(1Joh 5:20). Paulus sluit ook hierby aan as hy pleit dat ons nie kinders in die verstand sal wees nie (1Kor 14:20). 3. Dit is nie ons wat God beperk nie. Hy beperk ONS: "Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg.......as iemand iets van die woorde van die boek van die profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek..."(Op 22:18; 2 Pet 1:20,21) 4. 'n Ander argument is dat die duiwel ‘n namaker is. Omdat hy nie iets oorspronklik kan maak nie, kan hy net namaak op die voorbeeld van iets wat reeds bestaan, wat God reeds gemaak het. Vir alles (ook die gawes van die Gees), is daar dus 'n oorspronklike en dan is daar namaaksels. Die duiwel maak dus ook die gawes na. Die Toronto verskynsel moet dus van God wees, maar daar is ook soortgelyke manifestasies wat namaaksels van die Duiwel is. Die duiwel is dus 'n na-aper. e Hierdie argument gaan egter nie op nie. Sake soos hoerery, moord is tog die oorspronklike skeppinge van die duiwel! Die duiwel het hoerery geskep deur die seksualiteit waarmee God die mens geskape het te misbruik. Hoerery in sy geheel is egter verkeerd en beslis nie iets van die Here af nie. Daar is tog nie iets soos "goeie hoerery" nie. Net so het hy gebeure uit die Skrif al telkemale misbruik om die misleiding daar te stel. Die "val in die gees" val ook in hierdie kategorie en het ook, net soos hoerery diefstal en moord, nie ‘n goeie en ‘n slegte kant nie. Dit is in sy geheel ‘n skepping van die duiwel. David Forbes skryf in PROPHECY TODAY: "God is not only wise, He is loving and gracious, and He has made sure that we have not been left to sail these wild and tempestuous seas without chart or pilot..... God has given us His Word as our chart..." Mense wat nie weet waar die grense loop nie, gaan die Anti-Chris nie herken as hy kom nie. Die Anti-Chris gaan wonderwerke doen wat baie mense gaan laat glo dat hy God is. "Deur die werking van satan sal die verskyning van die wettelose gepaard gaan met groot magsvertoon en allerhande valse tekens en wonders en met gruwelike misleiding van di wat verlore gaan omdat hulle nie die waarheid liefgehad en tot redding aanvaar het nie. Dit is waarom God hulle aan die mag van die dwaling oorgee sodat hulle die leuen sal glo."(2 Tess 2:9-11) Waarom by die Bybel bly? Die mens moes duidelik weet WANNEER dit God is wat werk en HOE Hy gaan werk sodat die mense kan onderskei as Hy werk. Uit Duitsland skryf 'n kollega dat Christene nou leviteer(sweef in die lug) by groepe waar die Toronto verskynsel beoefen word. Kraam in die gees, Kopstamp in die gees, Huil in die gees, Lag in die gees, Dans in die gees, Kraam in die gees, Urineer in die gees, Orgasme in die gees, Dronkwees in die gees, Dieregeluide waar- onder om te brul soos 'n leeu of om te blaf soos 'n hond of om jou been soos 'n hond op te tel, 'n verskeidenheid sensasies in die liggaam, is maar sommige van die dinge wat met die verskynsel gepaard gaan. 'n Mens kan byna nie glo dat Christene so naïef kan wees om al die absurde dinge aan die Heilige Gees te wil toeskryf nie. "Pasop dat niemand julle van Hom wegvoer deur teorieë en argumente wat misleidend is nie" (Kol. 2:8). Nêrens in die Bybel lees ons van 'n onbeheersde, histeriese lag as 'n manifestasie van die Heilige Gees nie. Dit is eerder 'n manifestasie van die vlees. Die vrug van die Gees is tog selfbeheersing en 'n respek vir God. Alle nuwe ervaringe waarvan daar nie 'n voorbeeld of beginsel in die Bybel is nie, maar wat in die naam van Jesus en onder die vaandel van Christelikheid gebeur, moet as towery of magie (magic) gebrandmerk word. "Do not go beyond what is written..."(1 Kor 4:6) Ons moet ook vra: Waarom lag hulle ? Waarom huil hulle ? Die Bybel praat van blydskap wat die vrug van die Gees is. Dit is waar: "A rejoicing Christian is one of God's best advertisements." God beveel ons om altyd bly te wees (Ef. 4:4). Dit is egter die onbeheersde lag en huil waarteen ons is. Ons het al almal heerlike blydskap oor iets ervaar. Dit gaan egter gepaard met ‘n breë gllimlag en oë wat blink maar nooit met ‘n onbeheersde gelag soos dié van ‘n sielsieke nie. Wanneer gaan ‘n mens heerlik aan die lag? Slegs wanneer iemand ‘n grap vertel of as daar iets baie snaaks gebeur. Die Bybel gee altyd 'n rede wanneer mense lag of huil. Hier volg 'n aantal voorbeelde oor die Vreugde en die Lag: VREUGDE: 1 Kon 15 - vreugde oor die Ark van die Here. 2 Kon 20:27 - vreugde oor die oorwinning oor die vyande. Ps. 51:12 - vreugde oor verlossing Ps 126:5-6 - vreugde oor die verlossing van sondaars Matt 28:8 - vreugde oor die opstanding van Christus. Vreugde en blydskap is vrug van die Heilige Gees. LAG: Gen 18:12 - Sara lag oor die onmoontlike gedagte van haar eie swangerskap. Sy dink dit is ‘n grap. maar Pred. 7:6 Die dwaas lag sonder rede. "Soos die geknetter van doringtakke onder 'n pot, so is die gelag van 'n dwaas." Wanneer mense soos hoenderhane kraai gedurende 'n diens, word dit verdedig deur Miga 1:8 aan te haal: "I shall cry like a jackal, roar like an ostrich...." Die Bybel word aangehaal vir al die diere geluide soos die gebrul van 'n leeu, maar telkens opsigtelik buite verband van die aangehaalde gedeelte. Waar die Gereformeerde Kerke dikwels te min van ervaring en emosie maak, is die probleem by sommige van die charismatiese groepe dat te veel van die ervarings en emosie gemaak word. Dit lei daartoe dat baie ervarings met die hart aangeneem word, voordat dit behoorlik teologies getoets is. In Luk. 6:47 lees ons: "Elkeen wat na My toe kom en na My woorde luister en dit doen ....." Christene het dikwels geestelike ervarings en dan soek hulle in die Bybel om die ervaring te regverdig. M.a.w. hulle doen eers en dan luister hulle wat die Woord sê. Soos dit met Ezra Coppin gebeur het: "I was determined to find out whether the word of God said anything about this, but before I could make up my mind on the issue, I was 'Slain in the Spirit'!" So was dit met J. Spillman en andere waar ervaring 'n teologiese toets voorgespring het. Daarna is 'n nugtere Bybelse oordeel ook weer onmoontlik net omdat die ervaring dikwels harder spreek as die Woord van God. Baie verklaar dat hulle vrede het en voel dat daar niks mee verkeerd is nie. Oppervlakkige teologiese afleidings is dan die gevolg en so word op sand gebou. ("Daar is 'n weg wat vir 'n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood." Spreuke 16:25) 'n Pastorale brief aan alle AGS gemeentes (22 Nov. 1994) verdedig die Lag in die Gees deur te verwys na die gebeure in Handelinge en die gevaar dat "ons Teologie ons ondervinding kan bepaal." Die brief gaan voort: "Nou weet u dat in die Handelinge-kerk sowel as in die vroeë Pinksterbeweging mense éérs deur die Heilige Gees 'n ondervinding met Christus gehad het en dat die Teologie daarop gevolg het. Die Pinksterkerk het nie rondom 'n spesifieke teologie ontstaan nie, maar rondom 'n spesifieke ondervinding". Dié stelling ten opsigte van Pinkster is ten eerste nie waar nie, want talle profesieë in die Ou Testament het die Pinkster gebeure voorspel. Die stelling dat ons Teologie nie ons ervarings moet voorskryf nie, is 'n dwaling en trek 'n streep deur die Woord van God waarmee ons alle ervarings moet toets. Sulke oortuigings maak die deur wyd oop vir enige wonderlike, nuwe, vreemde of demoniese manifestasie. In 2 Joh 1:10 vind ons die volgende woorde: "As iemand na julle kom en hierdie leer nie bring nie, ontvang hom nie in die huis nie en groet hom nie". In die Engelse Bybel (King James) word dit as volg gesê,"If there come any unto you, and bring not this doctrine ……" Watter leer of doktrine is dit? Slegs die doktrine soos verkondig deur Jesus Christus en wat duidelik beskryf is in die Bybel! Lees die lewensverhale van so baie sendelinge wat bereid was om hulself te verloën, hul kruis op te neem en met baie opoffering en lyding, die Evangelie na verre lande te neem. Vergelyk dit met die kunsmatige, lughartige dinge wat vandag in die kerke gebeur; die goedkoop evangelie sonder die kruis met die 'entertainment' wat vandag verkondig word, dan skrik 'n mens. Daar is 'n ontsaglike selfsugtige behoefte na wat 'ek' uit die godsdiens kry, nie wat ek kan gee nie! Daarom die gier van 'church hopping'. Almal is op soek na 'n lekker kerk. 'n Kerk waar hy dit kan geniet. Iemand het eenkeer gesê, "Ons eerste vraag moet nie wees: 'Hoe kan ek God geniet' nie, maar - 'Hoe kan ek God verheerlik'." Lag of huil bring jou nie nader aan God nie ! "Want Ek het julle 'n voorbeeld gegee om net soos Ek aan julle gedoen het, ook so te doen."(Joh.13:15) "Hy wat sê dat hy in Hom bly, behoort self ook so te wandel soos Hy gewandel het."(1 Joh.2:6) Wat van die Dronkwees in die Gees ? Wanneer Paulus vir Timotheus oproep om nugter te wees, roep hy hom op om 'n nugter oordeel te behou. Paulus is ontsteld as die Galasiërs nie hulle gesonde verstand gebruik nie (Gal 3:1). Vir die Korinthiërs skryf hy: "Moenie kinders in die verstand wees nie.....wees volwassenes in die verstand."(1 Kor.14:20) Die Woord roep kinders van die Here telkens op tot nugterheid, nooit om Dronk in die Gees te wees nie. Rodney Howard-Brown, sien dit anders: "Step over, step over into the realm of the supernatural; step out of the realm of reason." Om die Gees te ontvang word mense opgeroep: "Let go of your doctrine, clear the mind of Biblical objections and simply let it happen !" Om jou verstand te gebruik en Bybelse oortuigings (Doctrine) te hê verhoed blykbaar by dié groepe die ontvangs van die Heilige Gees ! Nogtans word Hand 2:2 aangehaal om die "dronk in die Gees" te wil regverdig. As ons egter teruggaan na die gedeelte dan lees ons: "Maar ander het gespot en gesê, "Hulle is vol soetwyn." Die vyande, die onbekeerdes het dus gespot. Die Apostels het hulle dus nie soos dronkmense gedra en geslinger nie, maar die ongelowiges wou die Apostels belaglik maak voor die mense. Hulle het gespot omdat hulle die tale verskynsel nie kon verklaar nie. Uit eie ervaring weet ons tog almal dat niemand respek het vir ‘n dronkaard nie en ook nie juis ag slaan op ‘n dronkaard se onsinnige sothede wat hy kwytraak nie. 'n Leraar van die Baptiste Kerk in England vra tereg of die Here by die inwyding van sy Kerk op pinksterdag, Sy dissipels soos 'n groep dronklappe sou laat optree! Die dissipels spreek tog dan van "die groot dade van God.."(vs 11) Hulle het nie die skare ge-'entertain' met ervarings wat hulle goed laat voel nie. Die Heilige Gees het die harte aangeraak en hulle van sonde oortuig. Wanneer die Gees van God oor mense kom, word hul harte aan die brand gesteek om te getuig. Dronkenskap is nie vrug van die Gees nie, maar van die vlees. Dit is ongelooflik om te sien hoe hierdie naïewe mense die Woord van God verkrag om die dieregeluide en al die ander chaos te wil verdedig. Die mense val by die 'Slain in the Spirit' altyd agteroor om 'n positiewe Heilige Gees ervaring deelagtig te word. In die Bybel daarenteen word vier keer gemeld dat mense agteroor geval het, as bewys van 'n oordeel of verwerping deur God as gevolg van ongeloof en sonde (Gen. 49:17; 1 Sam. 4:18 (Eli); Jes. 28:13 en Joh. 18:6 ). Joh. 18:6 word algemeen deur die voorstaanders van die 'Slain in the Spirit' gebruik. Hiervan kan die volgende gesê word: i). die mense wat hier sogenaamd 'Slain in the Spirit' ervaar het, is die vyande van Christus waaronder Judas Iskariot. ii). die agteroorval was nie 'n toestand van bewusteloosheid of beswyming nie. Dit kan eerder gesien word as die skokeffek op verlore mense tydens 'n ontmoeting met God. Die gedeelte kan dus nie gebruik word om die verskynsel te verdedig nie, want dit veronderstel dat almal wat neerval, verlore sondaars is. iii). mense val in die Bybel vooroor, of op hulle knieë of op hul aangesigte. Elke keer wanneer dit plaasgevind het, was die gevolge goed of vrugbaar (ongeveer 30 keer). 3. Wat is verkeerd as dit mense meer geestelik en selfs gesond maak? Dit is juis die houding van ‘die doel heilig die middel’, wat hierdie verskriklike misleiding die Kerk van Jesus Christus binnegebring het. Solank mense gehelp word!! Sangomas help ook mense, maar God se oordeel is oor mense wat Sangomas besoek!!! Hierdie 'herlewing' is die begin van die groot afval wat die Bybel voorspel vir die laaste dae ! Dit is nie herlewing nie, maar die oordeel van God oor die mense omdat hulle van Sy Woord weggedwaal het. – J.R. Chambers. 4. Kan iemand 'n 'dubbele kanaal' wees? Die vraag word dikwels gevra of iemand wat die 'Lag in die Gees' beoefen dan nie 'n Christen is nie? Dit gaan nie hier oor die vraag of hy 'n Christen is nie, maar eerder oor die moontlikheid dat hy mislei is en so 'n 'dubbele kanaal' kan wees. Jessie Penn-Lewis, Kurt Koch en talle ander kenners van die okkulte meen dat dit wel moontlik kan wees om 'n dubbele kanaal te wees. J Penn-Lewis stel dit so: "... there can proceed, at intervals, as streams from the two sources of power: one from the Spirit of God in the centre, and the other from an evil spirit in the outer man, and with the two parallel results to those who come in contact with the two streams of power. In preaching, all the truth spoken by such a believer may be of God, and according to the Scriptures, correct and full of light - the spirit of man right - whilst evil spirits working in mind and body make use of the cover of truth to insert their manifestations, so as to find acceptance with both speaker and hearers." Terug na Indeks * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * E. WAARSKUWINGS !! 1. 'Revival of sorcery' Volgens Hunt en McMahon is die wêreldwye verskynsel van herlewing, of dit wat baie as herlewing beskou, niks anders is nie as 'n 'revival of sorcery' wat die wêreld oorspoel. Dit is nie net die Lag in die Gees nie, maar ook talle ander 'gimmicks' wat hieronder sorteer : o1 Die salf met olie - Dink maar aan die magiese rol wat olie speel in die bediening van Oral Roberts. Hy stuur sy botteltjies geseënde olie na al sy korrespondente wat R200 vir hom stuur as 'n 'seed faith gift'. Die R200 is die saad wat die arme dom christen saai om genesing te kan oes. Hy skryf: "I have released God's anointing in me for miracles of healing, miracles of finances, miracles of forgiveness and total restoration INTO THE VERY OIL THAT YOU WILL RECEIVE FROM ME. I WANT YOU TO HAVE IT." Dit is hartseer om te sien hoe christene mislei word om hul huise en eiendom met olie te salf. "He took oil and anointed the room divider in the name of Jesus declaring it holy and sanctified unto God." Wat God vir mense voorgeskryf het in Jak 5, word totaal buite verband geruk. o2 Die seën van sakdoekies en briefies. Soos daar onder die swartmense die bygelowige gebruik is om bottels met water, gekleurde toue en kleding stukke te seën, so ook by die blankes die gebruik om sakdoekies, huise, eiendom, briefies, ens. te seën. Die naam van Jesus en die bloed van Jesus word ook deur baie op 'n magiese wyse gebruik. "Plead the blood of Jesus over your front door," is die advies in 'n boekie om jou familie te beskerm. Niemand vra waar dit in die Bybel staan dat ons die bloed moet 'pleit' nie. o3 Die wapenrusting van God word met 'n enkele gebed 'aangetrek'. "Simply ask God the father to do it for you. Like this: 'Father I ask you in Jesus’ Name that You will put Your full armour on me and I thank you for it." Wat nie begryp word nie is dat sekere geestelike verantwoordelikhede voorgestel word as sekere wapenuitrustings. Die gordel is die waarheid; die skoene is ons getuienis; die borsharnas is ons vryspraak en aanvaarbaarheid in Christus; die skild is ons vertroue in God; die helm is verlossing in Christus en die swaard is die Woord van God. Al hierdie wapenrusting is nutteloos as dit nie 'aangetrek' word in die praktyk van ons daaglikse lewe nie. Om 'n gebedjie te doen om dit aan te trek is van geen waarde nie. o4 Geestelike oorlogvoering is 'n belangrike Bybelse waarheid. Daar is tye wanneer die duiwel bestraf en weerstaan moet word. Vir baie beteken geestelike oorlogvoering egter 'n voordurende oorlog met die duiwel, asof hy nog nooit oorwin is nie. Elke krisis en probleem word aan die duiwel toegeskryf. Jesus het egter net die duiwel aangespreek as daar 'n manifestasie van sy teenwoordigheid was. Sy gebede was nie 'n voordurende bestraffing en binding van die duiwel nie. Hy het ook nie die 'sterkman' van elke stad of gebied gebind op die wyse wat baie dit vandag doen nie. 2. Pasop vir misleiding! Hierdie oplewing van magiese praktyke en wonderwerke (christelike toordery) vind plaas omdat die Christene so naïef is en alles aanvaar uit die bron wat so aan die brand vir die Here lyk. Dit toon maar net hoe weinig waaksaamheid daar is ten opsigte van die okkultisme en dat die duiwel nie herken word nie vanweë die swaar Christelike grimering wat hy gebruik. Hy weet dat hy nie veel sukses sal hê met growwe sondes nie en daarom doen hy dit op so 'n bedekte wyse. o1 Dit is 'n misleiding om te dink dat Christene wat die Heilige Gees het, nie deur die duiwel mislei kan word nie. Lees die waarskuwing in Matt. 24:4. Baie kan net nie glo dat Kerke wat so aan die brand vir die Here is en pastore wat 'gedoop' is met die Heilige Gees, wel mislei kan wees deur 'n ander gees en 'n ander Jesus. Sulke Kerke en leiers is dikwels soos Guru’s bo alle kritiek verhewe. Van die lidmate weet diep in hul harte dat alles nie pluis is nie, en tog swyg hulle. Ons mag nie van ons geestelike leiers Guru's maak nie. Dit is afgodery ! Die duiwel het duisende jare se ondervinding in die kuns om mense te mislei. Hy weet hoe om mense in die vrieskas van allerhande kerklike en gereformeerde tradisies koud en dood te hou. Hy weet ook hoe om ander wat soos dom motte na lig en lewe soek, in die vreemde vuur van geestelike misleidings te vang en geestelik te vermoor. Laat ons mekaar waarsku. Laat ons die Godgegewe opdrag gehoorsaam om die geeste te toets. o2 Daar is skewe persepsies oor geestelikheid. Om sekere gawes van die Gees te hê of om van sekere ervarings te kan getuig word beskou as hoog-geestelik. Wat baie Christene nie verstaan is dat dit die Vrug en nie die Gawes is wat ‘n aanduiding is van iemand se verhouding met God. Daaraan kan geestelikheid gemeet word. Daarvolgens gaan die oordeel plaasvind. Soveel klem word gelê op sekere sekondêre sake of gawes soos tale terwyl dit as die geringste gawe beskryf word. Waarom so weinig navraag oor ander Charismata soos Uitdeel, Bemoediging of die Onderskeiding van die geeste?(Rom 12 & 1 Kor 12) Waarom is bysake so belangrik? Daar is tog belangriker sake en vrae wat gevra behoort te word. Waarom is hulle nie so angstig om te hoor of jy die stem van die Here ken, óf jy met God wandel, óf hoe jou stiltetyd lyk, óf daar nog verslawende sondes in jou lewe is nie, óf jou verhouding met jou medemens? Omdat Christenskap vir baie ‘n ego-trip is. Christene wat bekend is as 'aan die brand Christene', is dikwels mense wat sekere gawes het. Deur hul vrae wil hulle jou aandag op minder belangrike sake vestig asof dit die kern van jou verhouding met God is. Wat ons bekommerd maak, is die groeiende tendens om te konsentreer op wat die Christen (in die krag van die Heilige Gees) kan doen – sê dr. Clifford Denton. "We can drift more and more into man-centred activity even though we use the right vocabulary to indicate that we consider it to be God-centred." o3 Uitsonderings mag nooit die reëls word nie. Wanneer die Bybel ons vertel dat mense genees is toe Petrus se skaduwee op hulle geval het (Hand 5:15), beteken dit nie dat dit nou 'n voorskrif vir genesing is nie. Daarom het ons nie 'n seremonie vir siekes waar ons hulle vra om in die son te sit sodat die pastoor of prediker se skaduwee op hulle kan val nie. Dieselfde geld vir buitengewone gebeure tydens Jesus se genesings (bv. spoeg en klei op blinde se oë, of soos in Hand. 19:12 (doeke en voorskote op siekes); en talle ander gedeeltes rondom eenmalige en vreemde optredes van die profete in die OT. Van die laaste en oudste gedateerde briewe van die Apostels gee raad hoe daar in die gemeente vir siekes gebid moet word (Jak. 5) en watter ampte in die gemeente moet dien (1 Tim.). Wie meen dat Jesus vreemde dinge gedoen het en dit vir hom ook toelaat om vreemde dinge in die gemeente toe te laat, kies die pad van die ‘bizarre’ en chaos. Selfs al sou dit gewees het dat God op 'n besondere wyse iemand tydens 'n diens in Toronto geseën het en hy toe begin lag het uit verligting en vreugde vanweë sy verlossing, beteken dit nogtans nie dat dit nou God se voorskrif is vir herlewing nie. Is ons nie nou besig om die kind met die badwater weg te gooi nie? Dr. Verster van die Volle Evangelie Kerk gee sy antwoord. Hy vra wat ons met die Ou-Apostel Kerk moet doen? Omdat daar ook goeie en waar dinge gedoen en gesê word, beteken dit dat ons die Ou-Apostel Kerk moet aanvaar? Nooit, sê hy! Waarom wil julle dan die Toronto behou ? En wat van die baie mense wat deur die verskynsel tot bekering kom? Dr. Verster wys daarop dat die groepe baie bekeerlinge het, maar "...dit is nie bekeerlinge van Jesus nie." Dit is nie bekerings as gevolg van die werking van die Evangelie nie. Hulle kom nie deur geloof nie, maar as gevolg van 'n ervaring tot bekering. Ons het dus hier met geen Bybelse bekerings te doen nie. o4 Ken die werking van die Heilige Gees. Die Heilige Gees verheerlik Jesus en bind Christene onderling aan mekaar. "Hy sal My verheerlik…" het Jesus self van die Heilige Gees gesê; Die Heilige Gees laat die lig nie op Homself val nie. Die orde mag nie omgekeer word deur Heilige Gees gesentreerd te wees nie. Dit gebeur as Die Heilige Gees in gebed aangespreek word, as van Sy seëninge, Sy werkinge en gawes getuig word. Daarom dat Thomas A Smail in sy boek: The forgotten Father, die dwaling uitwys. Jesus self sê "As Hy kom ......sal Hy My verheerlik, Hy sal van My getuig."(Joh 16:14;15:26). "Hy sal nie van Homself spreek nie."(Joh 16:13).Vir baie gaan dit nie regtig oor die sentrale persoon nl. Jesus nie! o5 Ons het die opdrag van God om die geeste te toets (1 Joh. 4:1) en mense te waarsku. "Beproef alle dinge...."(1 Tes. 5:21). Ons moet beproef wat van God is. Elke saak moet met die Woord van God vergelyk word. Ons maatstaf sal die Woord van God bly al word ons beskuldig dat ons teen God en Sy Gees werk. As ons die geeste nie gaan toets nie, gaan ons meegesleur word. Daarom waarsku die Bybel so dikwels teen misleiding. Ons moet ook nie huiwer om die mense en die gevaar by name te noem nie. Paulus waarsku die gemeente teen Alexander by name wat hom baie skade aangedoen het. 3. Onvergenoegdheid lei tot humanisme en Christelike "entertainment." 'n Basiese onvergenoegdheid lê ten grondslag van die verskynsel. Kinders van die Here is nie meer net tevrede met die Kruisboodskap en die gewone nie. Die verwerping van alles wat basies tradisioneel is (bv. tradisionele kerke, tradisionele leer, ens.), het onvergenoegdheid ten grondslag. Die psigologiese agtergrond van hierdie onvergenoegdheid met die oue, is die verveeldheid van die moderne geïndustrialiseerde stadsmens. Dit word 'n psigologiese uitlaatklep. Deur die klem te lê op die verskynsel van lag, neerval, rondrol, huil en dieregeluide te maak, word die dramatiese, die skouspelagtige, die buitengewone, die sensasionele, die vleeslike, gestimuleer. Die basis van hierdie groepe is nou nie meer die teologie nie, maar die humanisme. Dit word 'n vertoning met 'n 'entertainment' karakter en wat totaal mensgerig is. Iemand het gesê dat toe die duiwel Jesus na die tempel geneem het en vir hom gesê het om af te spring want God sal Hom help om ongedeerd daarvan af te kom, dit 'n uitnodiging was na die 'show business'! Jesus weier die uitnodiging. Sodra die klem gelê word op tekens en op die skouspelagtige, dan sê Jesus: "'n Slegte en afvallige geslag vra 'n teken ...." (Matt. 12:39, vgl. ook Luk. 11:16; Joh. 2:18, 4:48). Die neerval en lag as item op die program, dra by tot die wêreldse en die vermaaklikheidskarakter van hierdie dienste. Dit versterk die reeds bestaande lighartigheidsatmosfeer by die dienste. Leisering beskryf hoe dit by Kuhlman se dienste gegaan het: "Marjoe Gortner described himself as 'an entertainer for the Lord'. In a sense, this can be said of all evangelists and faith healers, including Kathryn Kuhlman. The audience at a Kuhlman miracle service was treated to selections by a huge choir, professionally trained by director Arthur Metcalfe, religious solos by singer Jimmie McDonald, piano solos by the liberace of the revival circuit, Dino Kartsonakis, jokes and banter from Kathryn Kuhlman herself, organ interludes by Charles Beebee, and of course, the Kuhlman sermon and healings. Underlying the purely sensual and physical attractiveness of these services is hope. The true believers are given a dream, a panacea, a basis for moral justification that simply was not present before." 4. Verskraling van die Woord van God Die skokkendste van hierdie nuwe "entertainment" is dat die Woord van God nie meer prominent in die erediens is nie. Die Kruis is nie meer die belangrike en prominente saak nie. Wat mense deesdae stig, is die ervaring om te lag. Die gevolg is dat prediking, met ander woorde, byna onnodig geword het. Laat ongelowige mense net deel in die ervaring. Die probleem is egter dat jy 'n kerk bou nie op die fondament van Christus nie, maar op 'n ervaring. 'n Gemeente in Amanzimtoti het daarmee gespog dat daar in drie maande nie eenkeer gepreek is nie! Dieselfde het in gemeentes regoor die land gebeur. Dit is asof met hierdie benadering gesê word dat die Bybelse boodskap van bekering nie meer altyd nodig is nie. Is dit waarom 'sondeprediking' so 'n seldsame, onverkrygbare item in sommige van die groepe geword het? In werklikheid is dit 'n baie bekende en gestaafde feit dat Woordverkondiging as liturgiese prioriteit en hoofbestanddeel van die erediens 'n minderwaardige item in die liturgie geword het. In 'n diens van ongeveer 2-3 uur is dit niks ongewoons dat net ongeveer 'n halwe uur van daardie tyd deur die woordverkondiging in beslag geneem word nie. Die hoof voorgereg is die sang, dan volg die woordverkondiging en die genesings- en bevrydingsbediening. Waarnemers beskryf die lagverskynsel as 'n "spirit of mockery". In DISCERNMENT (July 1994) word Rodney Howard-Brown aangehaal: "One night I was preaching on hell, and laughter just hit the whole place. The more I told people what was Hell like, the more they laughed." Een van die redes vir die verskraalde ruimte aan woordverkondiging is die spiritualistiese en Mistisistiese gedagte dat Jesus Homself persoonlik aan die mense tydens die ervaring van 'Slain in the Spirit' openbaar. Hieroor spreek Ezra Coppin hom as volg uit: "What really happens when people are genuinely 'Slain in the Spirit' is that the Holy Spirit reveals Jesus of Who He really is, and for what He is. It is quite an experience." Jesus is egter reeds aan die mens openbaar tydens sy lewe op aarde. Hy het eerder die taak gehad om die Vader te openbaar. Joh 1:18 - Niemand het ooit God gesien nie; die eniggebore Seun wat in die boesem van die Vader is, dié het Hom verklaar. Mat 11:27 - Alles is aan My oorgegee deur my Vader, en niemand ken die Seun nie, behalwe die Vader; ook ken niemand die Vader nie, behalwe die Seun en elkeen aan wie die Seun dit wil openbaar. Kelsey erken dat daar in die Bybel nie so 'n reëling van die erediens is waar mense vorentoe gekom het, aangeraak is, en agteroor geslaan het of begin lag het nie. Dat die heerlikheid van die ervaring, die vreugde en verrukking van sinne, die fisiese genot van die ervaring, harder spreek as die Woord van God, kan duidelik gehoor word uit die mond van Coppin as hy sê: "Even if there were no biblical basis for the phenomenon, it might be contended that since many are strengthened through the experience, it is worth entertaining." Die onchristelike beginsel van "Die doel heilig die middel" word hier gehandhaaf. Teenoor die radikale charismatici wat die fenomeen van die 'Laughing revival' voetstoots aanvaar, staan sommige van die Roomse Katolieke charismatici meer krities teenoor die verskynsel. Tog kom die eenheid in benadering met die radikale charismatici na vore in 'n verklaring soos die volgende: "Be open to new ways in which God by his Spirit may be speaking to the Church." Terug na Indeks * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * F. Mag 'n Christen dienste besoek waar die 'Toronto verskynsel' plaasvind? Volgens Matt. 7:22 sal duiweluitdrywing en wonderwerke onder andere ook 'n kenmerk wees van groepe wat deur Jesus tot die verdoemenis veroordeel sal word. Die naïewee besoeker aan sulke dienste mag so maklik mislei word, omdat daar ook pragtige dinge gebeur in die groepe en kerke. Die Here self egter waarsku: "Pasop dat niemand julle van Hom wegvoer deur teorieë en argumente wat misleidend is nie. Moenie dat iemand ... wat voorgee dat hy allerhande visioene gesien het, julle daarmee mislei nie. So iemand verhef hom oor wat hy in eie waan van homself dink ..." (Kol. 2:8, 18:19). Dat die Here die Vernuwings Beweging die afgelope drie dekades gebruik het om nuwe lewe en warmte in die tradisioneel koue en lewelose kerke te bring, kan nie ontken word nie. Vanuit die beweging self is daar leiers wat deesdae vra of die Charismatiese beweging nie uitgediend geraak het nie. In 'n artikel in PROPHECY TODAY, word Bob Mumford aangehaal waar hy voor 'n konferensie van kerkleiers optree. "When God has finished with a movement, He sends it in circles." Die artikel vra of dit nie waar is van die Charismatiese beweging nie. Kenners van die okkulte, w.o dr. Willem Ouweneel van die Christelike Universiteit van Amersfoort, Nederland, het ook gewaarsku dat daar 'n okkultiese stroom in die Charismatiese beweging is. Dit is asof die beweging uit voorraad geraak het en daarom die "junk food" wat ingebring word. Dit is asof die beweging siek geraak het en in stede van om te reageer met nederigheid en berou, "Christians rush off to buy the newest spiritual drug on the market, whatever the ingredients may be...(Without consideration)..... as to whom is selling the drug...as long as they can maintain a spiritual high. This laughter drug....grants some relief - albeit temporary."(PROPHECY TODAY, vol 10, no.8) Ek glo daarom dat die ware wedergebore Christene se grootste gevaar in die toekoms nie in die Islam, New Age, Kommunisme en selfs Humanisme geleë is nie! Die grootste bedreiging vir die ware Kerk is die gevaar uit hul eie geledere. Die Charismatiese beweging huisves die gevaar vanweë hul onvermoë om te onderskei. Dit is daardie groep Christene wat die Anti-chris nie gaan herken as hy kom nie. 'n Stroom sataniese misleiding, vuil water (Op 12:15) is besig om die Kerk as liggaam van Christus te besoedel onder die voorwendsel dat God besig is om nuwe dinge te doen. Valse profete wat vreemde en on-Bybelse dinge doen, word as die grootste Godsmanne van ons tyd gehuldig. Waarsêery beleef 'n opbloei as Profesie en 'n Woord van Kennis. Die Bybel is nie meer 'n duidelike riglyn (sola scriptura), 'n genoegsame en 'n geslote kanon nie omdat "God nie 'n slaaf is van Sy Woord nie"(volgens 'n bekende kerkleier). Mense stroom na hierdie Kerke met hul populêre boodskap, welsprekende predikers, luukse geboue, opwindende rock musiek en orkeste. Sukses in die wêreld se oë het ‘n sterk aantrekkingskrag. Weg is die orrel en gewyde musiek, die klein kerkgeboue, die boodskap van die Bloed van Jesus Christus, van die vrees vir die Here, van algehele oorgawe en berou en breek met sonde as voorwaarde tot bekering, van heilige lewens en daaglikse kruisdra. Die selfverloënende Kruisboodskap was nie goed vir die moderne Christen se selfbeeld en moes plek maak vir ‘n ander meer opwindende evangelie. Volgens die resep van die Willowcreek gemeente, moes die boodskap aangepas word om meer ‘seekersfriendly’ of verbruikersvriendelik te wees: ‘n Boodskap met baie ‘entertainment’, en sonder die Hel vir verlorenes wat besoekers kon afskrik. Danksy ‘n ontsaglike naïwiteit, kenmerkend van die Charismatiese groepe, word letterlik alles wat via Amerikaanse slapbandboekies die Kerke insypel, vir soetkoek opgeët. Noem maar op: Word of faith movement; Dominion Theology; Prosperity Gospel; Goudstof en Goue tande; Die herstel van die Profete- en Apostelamp; Uitwasse van Geestelike oorlogvoering en Prayerwalk; Laylines; Automatic writing (Hou net jou pen vas; die Heilige Gees sal vir jou gee wat jy moet skryf); Theophostics (‘n gevorderde vorm van innerlike genesing), Meditasie (centuring), Mistisisme (Hoe weet ek dat ek God liefhet? Wanneer ek die warmte van Sy teenwoordigheid ervaar – vir sommige is dit ‘n sensuele/ romantiese ervaring van God), ens, ens!! ‘n Nuwe verlossing (sonder sondebesef); ‘n nuwe evangelisasie (sonder kosteberekening); nuwe manifestasies (goue tande, goudstof, diamante, dronk-; kraam-; braak-; urineer-; lag-; en dieregeluide in die gees), ‘n nuwe manier van sang (aanhoudende herhaling van woorde soos ‘n mantra, die sang is nie lof aan God nie maar gaan oor die mens en wat hy kan doen). Die on-Bybelse manier om die Heilige Gees aan te spreek en te wag op die gees – maak van die byeenkomste niks meer nie as geleenthede om geeste op te roep. Al hierdie dinge en nog meer, is alles deel van die nuwe spiritualiteit via die Charismatiese beweging. Hierdie vuil water waarin die moderne Christen baljaar, word as herlewing beskryf. Dit is hoogstens ‘n herlewing van die okkulte en ‘n afvalligheid van God. Die Anti-Chris gaan dié Christene se steun nodig hê om te kan heers en hulle gaan hom, vanweë die wonderwerke wat hy doen, nie herken nie. Sekere charismatiese groepe gee deur hul betrokkenheid by die on-Bybelse verskynsels, ruimte aan okkultisme wat 'n blindheid gaan meebring om die Anti-chris te herken. Moenie dink die Christene is immuun teen duiwelse invloede nie! "Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang."(1 Tim 4:1) As dit egter aanvaar word dat hier ook 'n ander Jesus in 'n ander gees betrokke is (2 Kor 11:4), dan moet ons Kurt Koch se waarskuwings ter harte neem. Hy waarsku teen die nuuskierige en naïewe besoeke aan kerke en plekke waar die okkultiese magte aan die werk is. Nie net Kerke nie ! Dit is so onstellend dat die verskynsel selfs in christen skole voorkom en dat dit gebeur dat die hele skool ge'Toronto' word. Dit kan lei tot ernstige 'bindinge' en probleme. Die groot hartseer van hierdie boekie is dat Christene teen ander Christene gewaarsku moet word. Ons voel ons egter verplig omdat baie naïewe en honger Christene sulke dienste en Kerke besoek. Die Heilige Gees en herlewing word hulle belowe. Hulle gaan vorentoe om God se genesing of seën te ontvang en kom uit so 'n diens met demone. Dit is die mense wat deur die jare in ons spreekkamer beland het. Daarom voel ons verplig om Christene teen sulke valse profete te waarsku. Dit het baie moeilik geword om met baie saam te werk. Terug na Indeks * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * G. BEGINSELS vir samewerking en EENHEID. Paulus roep die Christene op tot ‘n eenheid. 1 Kor 1:10-13: "Maar ek vermaan julle, broeders.......om almal eenstemmig te wees, en dat daar geen skeuringe onder julle moet wees nie, maar dat julle verenig moet wees in dieselfde gesindheid en in dieselfde mening......" Ten spyte van Paulus se oproep tot eenheid, was daar van die begin af verdeeldheid onder Christene oor bysake. Hy gee die voorwaarde vir eenheid en samewerking. Die eenheid moet nie net gebou wees op sentimente nie, maar op die Waarheid. Hulle moes saamstem deur een van gesindheid (gedagtes, begrip, mind (Eng.)) en mening (die waarheid, oortuiging, opinie, judgement (Eng.)) te wees. Kort saamgevat - hulle moes saamstem in hul Teologie en Praktyk. Oproepe tot eenheid is slegs sinvol as die eenheid op die Waarheid en beginsels van die Woord van God gebou is. Hedendaagse oproepe tot 'n eenheid op grond van sekere sentimente, is 'n valse eenheid en verwag dat Rooms-Katoliek, Moslem, heiden en wedergebore Christen een moet wees. Met so 'n eenheid kan Kinders van die Here hul nie vereenselwig nie. Waarom is samewerking tussen ware Christene met verskillende oortuigings dikwels so moeilik? Daar is verskillende redes: 1. ‘n Beheptheid met Bysake ten koste van die Hoofsaak. Daar is bysake en hoofsake. Hoofsake is bv. die maagdelike geboorte van Christus, dat Jesus self God is; geregtigheid deur geloof alleen; verlossing deur die bloed; die opstanding; en dat die hele Skrif die Woord van God is. Oor Bysake mag ons verskil. Bysake is sake wat die wese van geloof nie raak nie, bv. verskillende interpretasies oor die gawes van die Heilige Gees; die wegraping en ander verskille oor die Wederkoms; Sondag of Saterdag; ens. Wie 'n 'hangup' of beheptheid oor 'n bysaak het, verdien die benaming "skeurmaker" en moet die skuld vir onenigheid tussen Christene kry. Terwille van die eenheid van die Liggaam van Christus, behoort verskille oor bysake met groot dissipline vermy te word (1Tim 6:3-5; Tit 3:9-10). Eenheid en samewerking is onmoontlik met iemand wat met enigeen van die hoofsake nie saamstem nie of wat ‘n beheptheid met ‘n bysaak het. 2. Omdat die eer van die eie-Ek bo die eer van God gestel word. Samewerking is soms baie moeilik omdat dit nie regtig gaan daarom dat God se Koninkryk moet kom nie, maar eerder dat elkeen sy stempel wil afdruk op die werk (1Kor 1:11&12). Dit is wanneer geestelike werk 'n ego-trip word dat Christene nie kan saamwerk en moeilik oortuigbaar is. (Fil 2:3). Alhoewel daar 'n pragtige front van diep-geestelikheid voorgehou word, blyk dit by nader ondersoek dat die Woord en gebed in diens van die Ego staan om aanvaarbaarheid, populariteit en soms selfs finansiële voordele te verwerf(Rom 16:17&18; Jak 3:16). 3. ‘n Soeke na opwinding Vanweë die "verveling" van die Kruisboodskap, waarsku die Woord, daar altyd mense sal wees opsoek na nuwe leraars wat opwinding in die gemeente kan bring deur wonders en tekens en nuwe dinge te sê en te doen. Die kern van hierdie ander evangelie (2 Kor. 11:4) is nie die Jehowa God van die Bybel nie, maar die mens ( sy ervarings, wonderwerke, ens). Die sang en die prediking is nie 'God-centred' nie, maar 'man-centred'. Sonde-prediking is skaars. Olie en water kan nie meng nie. Samewerking met aanhangers van die ander evangelie is onmoontlik. 4. Die verstaan en ervarings rondom die Heilige Gees is seker een van die mees verdelende faktore in christelike kringe. Die gawes mag nie bo die Gewer beklemtoon word nie. Christenskap is 'n verhouding met 'n Persoon, Jesus Christus. Christene word aan mekaar verbind deur 'n gemeenskaplike liefde vir Christus. God het gawes vir Sy liggaam gegee sodat die lede van Sy liggaam mekaar daarmee kan dien en opbou (1Kor 12:25). 4.1 Wanneer die besit van sekere gawes bepaal of iemand aanvaarbaar is aldan nie, sal verdeeldheid die gevolg wees. Dit is tog die belydenis en navolging van Jesus Christus wat Christene aan mekaar behoort te bind en nie sekere gawes nie (Joh 10:27). 4.2. Wanneer ervarings i.p.v. die Woord van God tot norm verhef word.. Sommige geestelike ervarings gaan gepaard met geweldige intense en heerlike emosies. Die heerlikheid van die ervaring spreek so hard dat so 'n persoon dit eintlik onnodig vind om seker te maak of die ervaring in lyn met die Skrif is. Inteendeel - wie die ervaring durf bevraagteken word beskuldig dat hy vleeslik is en besig in met die sonde teen die Heilige Gees. So word profesieë, drome, tale en ander gawes en ervarings sonder behoorlike Skriftuurlike toets voetstoots aanvaar. Die ervaring of hemelse openbaring spreek baie harder en met groter oortuiging as die Woord van God. "Want om net van ondervinding te praat, is om te verdeel; om van Hom te praat, is om te verenig. Hulle wat Hom erken, praat nie van Sy gawes nie. Hulle verheerlik die Heiland vir wie Hy verheerlik."(Oswald J. Smith). 4.3 Wanneer die HEILIGE GEES nie 'n persoon is nie maar 'n krag. "Hy het nooit gesê dat ons krag moet 'soek' nie. Daar is na Pinkster geen sprake van wag nie, behalwe om te bid om onverskrokkenheid om te getuig..... Ons is nie opgaardamme nie. Ons het geen krag nie. Hy is ons krag." (Oswald J. Smith). Hy is 'n Persoon (Joh 16:8). 'n Christen wat glo dat die Heilige Gees 'n krag is, is 'n Christen wat 'n hoogmoedige beeld vertoon. Dit is Christene wat sg. 'gedoop' is met die Heilige Gees en neersien op ander Christene asof hulle nog nie die Heilige Gees ontvang het nie. Konfrontasie gaan gewoonlik oor die verstaan van die doping met die Heilige Gees, sekere gawes, die Doop, ens. Baie belangriker sake waaroor eerder navraag gedoen behoort te word, soos of jy die stem van die Goeie Herder ken, hoe dit gaan met jou stiltetyd, strewe jy na 'n heilige lewe, kom nie ter sprake nie. Jak. 5:9 "Moenie oor mekaar kla nie, sodat julle nie veroordeel word nie. Die regter staan al voor die deur." 5. Evangelisasie word baie moeilik gemaak.. Mense wil net die opwinding van die Heilige Gees en Sy gawes hê. Hulle wil nie deel in Christus se lyding en daaglikse sterwe nie. Wanneer mense eers die opwinding van hierdie ‘spookasem evangelie’ gesmaak het, verloor hulle hul smaak vir die egte Evangelie. Die smaak vir vaste kos, die normale, het plek gemaak vir die opwinding, die ‘lekker’ van die buitengewone. Alles wat nie opweeg met dié opwinding nie, word as dood, dooie tradisie en sonder die Heilige Gees beleef. Die ‘entertainment’ standaard word die maatstaf. Dit is die rede waarom sommige kerke uit hul nate bars en ander waar daar suiwere evangeliese Skrifuitleg is, soms baie kleiner getalle het. En al kom sulke mense tot ‘bekering’, neem dit soms jare voordat sulke mense weer ‘n smaak vir vaste kos ontwikkel het. "Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus....reinig ons van alle sonde."(1 Joh. 1:7) Die Beginsel is: Die Skrif moet die Skrif verklaar en nie die ervaring die Skrif nie!! Terug na Indeks * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * I. Ten slotte Hoe oordeel ons oor die verskynsel ? Die tien bestanddele van die ‘ervaring’ toon duidelik dat dit nie van die Here is nie. 'n Deel mag vrug van die ou-natuur, 'n deel mag bloot sielkundig en 'n deel demonies wees. Wat ook al die oorsprong van die 'slain in the spirit' is, vrug van die Heilige Gees is dit nie. Kinders van die Here word opgeroep om ter wille van hul eie geestelike welsyn en terwille van die eer van God pad te gee uit sulke Kerke. Moenie aan ‘n Kerk behoort waar okkultisme beoefen word nie. Hiermee word dus nie gesê dat persone wat dit ervaar of beoefen het, nie kinders van die Here is nie – inteendeel! Die Here laat egter hierdie misleiding toe sodat Sy kinders o.a. kan leer om te onderskei. Ons wil hiermee die geestelike leiers wat by die Bybelvreemde fenomene betrokke is, uitdaag: As die Bybel vir jou die maatstaf is van alles of reg of verkeerd is - waar in die Bybel kom die verskynsel voor? Het dit in Jesus of Sy Apostels se bediening gebeur ? Die Bybel sê dat die geestelike leiers eendag voor God rekenskap sal moet gee vir die leiding wat hulle aan hul lidmate gegee het. "Wees gehoorsaam aan julle voorgangers en onderdanig, want hulle waak vir julle siele as diegene wat rekenskap moet gee...." (Heb. 13:17) Die Here waarsku teen herders wat soos stom waghonde is: "Hulle wagte is almal blind, hulle merk niks nie; hulle is almal stom honde wat nie kan blaf nie." (Jes. 56:10-11) Baie weier vanweë hul naïwiteit om die verskynsel te bevraagteken. Iemand het opgemerk deur die beeld van die skaap en die bok te gebruik. Hy sê dat van 'n bok gesê word dat hy enigiets eet, terwyl 'n skaap nie enigiets eet nie. So word die kinders van die Here gesif. Baie van hulle gaan skipbreuk in die geloof ly, waarsku G.N.Grant. Ander gaan geestelik ryker word omdat hulle in die proses leer om tussen dwaling en waarheid te onderskei. Gaan die Here nog geloof op die aarde vind as Hy terugkeer? (Luk. 18:8). D.B.Dick Terug na Indeks Hit Counter
Today, there have been 24 visitors (37 hits) on this page!
 
This website was created for free with Own-Free-Website.com. Would you also like to have your own website?
Sign up for free